In die huis van die bobaas-koekbakster Corli Botha wat in 2016 met die ‘Koekedoor‘-titel weggestap het, word die versiersuiker deesdae gereeld opsy geskuif om ’n vars babatjie te vertroetel. Martie Swanepoel het met haar gesels vir die Desember 2017-uitgawe van rooi rose. Ons het ook die mooiste foto’s van hulle geneem.
Dit is vir Corli en die oudspringbok, Gary Botha, ’n reuse voorreg en seën om weer die wonderwerk van ’n baba te kon beleef. Lees die volledige onderhoud op bl. 32 van ons Desember 2017-uitgawe met Elma Postma op die voorblad.