Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Coq au vin is ’n tradisionele Franse dis van gesmoorde hoender, spek, sampioene en knoffel.
1,2 kg hoenderstukke of 1 hoender wat in stukke verdeel is
500 ml (2 k) witwyn
15 ml (1 e) avokado-olie
150 g (1 k) spekstukkies met baie vet
12 pekeluitjies, geskil
200 g heel sampioene
1 knoffelhuisie, geskil en fyn gekap
45 ml (3 e) koekmeel
310 ml (1¼ k) hoenderaftreksel
2 lourierblare
2 takkies tiemie
sout en gemaalde swart pepper
hand vol pietersielie, fyn gekap
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Braai die spek vir 3 min. oor lae hitte in die olie in ’n groot oondvaste kastrol tot bros. 2 Voeg die pekeluitjies, sampioene en knoffel by en braai vir nog 6min. tot goudkleurig. 3 Skep uit die kastrol en hou eenkant. 4 Braai die hoender stuk-stuk in dieselfde kastrol tot goudkleurig. Geur met sout en peper, haal uit en hou eenkant. 5 Verlaag die hitte en sif die meel in die kastrol, roer tot al die oorblywende olie geabsorbeer is. 6 Voeg die witwyn en hoenderaftreksel stadig by en laat kook. 7 Sit die hoender, sampioene, uitjies, spek, lourierblare en tiemie in die kastrol. Bedek en bak vir 35 min. 8 Voeg die gekapte pietersielie net voor opdiening by.