Voorverhit die oond tot 180 °C.Coq au Vin
Ingredients
Instructions
1 Braai die spek vir 3 min. oor lae hitte in die olie in ’n groot oondvaste kastrol tot bros.
2 Voeg die pekeluitjies, sampioene en knoffel by en braai vir nog 6min. tot goudkleurig.
3 Skep uit die kastrol en hou eenkant.
4 Braai die hoender stuk-stuk in dieselfde kastrol tot goudkleurig. Geur met sout en peper, haal uit en hou eenkant.
5 Verlaag die hitte en sif die meel in die kastrol, roer tot al die oorblywende olie geabsorbeer is.
6 Voeg die witwyn en hoenderaftreksel stadig by en laat kook.
7 Sit die hoender, sampioene, uitjies, spek, lourierblare en tiemie in die kastrol. Bedek en bak vir 35 min.
8 Voeg die gekapte pietersielie net voor opdiening by.