Suid-Afrika se Bongmusa Mthembu is 2017 se Comrades Marathon-wenner vir mans. In ’n tyd van 05:35:34 het hy die uitmergelende 87 km van Durban na Pietermaritzburg (oftewel die “op”) voltooi. Hy is ook in 2014 met dié titel gekroon.
Hatiwande Nyamande van Zimbabwe was tweede in ’n tyd van 05:38:48. Die voormalige kampioen Gift Kelehe het derde geeïndig in ’n tyd van 05:41:48.
Top 3 #Comrades2017 men: 1. #BongmusaMthembu | 05:35:34
2. Hatiwande Nyamande | 05:38:48
3. Gift Kelehe | 05:41:48 pic.twitter.com/7uLVK4ev01— Comrades Marathon (@ComradesRace) June 4, 2017
In die vroue-afdeling het die Amerikaner Camille Herron haar eerste plek in ’n tyd van 06:27:35 verseker.
Alexandra Morozova van Rusland was tweede (06:31:45 3) terwyl die Suid-Afrikaner Charne Bosman derde geeïndig het in ’n tyd van 06:39:51. Charne was 2016 se wenner.
1. Camille Herron | 06:27:35
2. Alexandra Morozova | 06:31:45
3. Charne Bosman | 06:39:51 @ComradesRace#2017Comrades
?: #TeamVitalitypic.twitter.com/9Qu7cVZaGj— Team Vitality (@TeamVitalitySA) June 4, 2017
Die mans top 10:
- Bongmusa Mthembu (RSA)
- Hatiwande Nyamande (ZIM)
- Gift Kelehe (RSA)
- Ludwick Mamabolo (RSA)
- Charles Dibate Tjiane (RSA)
- Siphiwe Ndlela (RSA)
- Teboho Sello (LES)
- Prodigal Khumalo (ZIM)
- Steven Way (GBR)
- Fritjof Fagerlund (SWE)
Die vroue top 10:
- Camille Herron (USA)
- Alexandra Morozova (RUS)
- Charne Bosman (RSA)
- Gerda Steyn (RSA)
- Jasmin Nunige (SUI)
- Sarah Bard (USA)
- Colleen De Reuck (RSA)
- Danette Smith (RSA)
- Stephanie Smith (RSA)
- Devon Yanko (USA)