Wen met Collagen Lift MEN. Foto’s verskaf.
Collagen Lift Paris is baie trots op hulle nuwe Collagen Lift MEN. Mans raak al meer bewus van wat teenverouderingsmiddels vir hulle kan doen. En hoekom nie? Hulle verdien ook om hul beste te lyk. Dit is hoekom Collagen Lift Paris ’n middel ontwikkel het wat gedrink kan word om ondersteuning te bied aan die areas wat dit die nodigste het, soos die vel, hare, stamina en energie. Dit gee binne 3 tot 6 weke sigbare resultate.
Collagen Lift Paris MEN bevat kollageen, biotien, sink, guarana en glutathioon.
Kollageen vir ’n gesonde vel: Kollageen sorg vir natuurlike hoë vlakke kollageen in die vel vir ’n sagte, plomp en gloeiende voorkoms. Maar soos ons verouder, word minder kollageen vervaardig en dit lei na sigbare plooie en vel wat sakkerig voorkom. Gelukkig kan verlore kollageen vervang word met Collagen Lift MEN. Kliniese toetse het bewys dit verminder plooie met tot 50% en sorg vir beter hidrasie en elastisiteit.
Biotien vir gesonde hare: Om jou liggaam in staat te stel om sterk, gesonde hare te laat groei, het jy die noodsaaklike boublokke van keratien nodig. Dit sluit biotien in. Biotien is ’n wateroplosbare B-vitamien wat belangrik is vir gesonde hare, vel en naels.
Sink vir mans se gesondheid: Daar is verskeie redes hoekom mans sink moet inneem. Hier is drie:
- Sink bevorder natuurlike testosteroon-vlakke.
- Dit help met jou persoonlike gesondheid en libido.
- Sink bevorder uithouvermoë en energie.
Guarana vir stamina: Guarana is bekend vir die vermoë om energie te bevorder, moegheid te verminder en om verstandelike wakkerheid op te skerp.
Glutathioon is die beste bekend vir sy eienskappe as kragtige antioksidant. Dit word die liggaam se meester-antioksidant genoem:
- Dit beskerm die liggaam teen gifstowwe.
- Dit het kankerwerende eienskappe.
- Dit het teenverouderings-eienskappe.
- Dit ondersteun die immuunstelsel.
Collagen Lift MEN gee mans ook die kans om op hul beste te lyk. Dit is beskikbaar by DisChem. Dit is ook aanlyn beskikbaar by www.collagenliftparis.co.za
Stuur ’n e-pos aan [email protected]. Volg hulle op Instagram by collagenlift_sa en op Facebook by @collagenlift
Skryf in en wen een van twee geskenkpakke vir mans van Collagen Lift Paris!
Kompetisie eindig 28 Februarie 2019.
[gravityform id=”439″ title=”true” description=”true”]