Serves:Genoeg vir 8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
500 ml (480 g) geroomde maaskaas
250 ml (1 k) dubbeldikroom
3 eierwitte
moeseliendoek
3 - 4 vorms (tradisioneel word hartjievormige houertjies met gaatjies onderin gebruik - verkrygbaar by kombuiswinkels)
’n Sif, vergiettes, of enige houer waaruit die vloeistof kan dreineer, sal werk.
Instructions
Voer die vorms of vergiettes met ’n klam moeseliendoek uit.
1. Klits die kaas en die room in ’n groot bak tot baie glad, maar moenie oormeng nie. 2. Klits die eierwitte in ’n afsonderlike bak tot hulle stywe punte maak, en vou met ’n staallepel in die roommengsel in. 3. Skep die mengsel in die vorm/s en vou die doek se punte om sodat dit die kaas bedek. 4. Sit die houertjies vir 8 uur of oornag op ’n bakplaat in die yskas sodat die water kan dreineer. 5. Haal die kaas net voor opdiening uit die houertjies en sit voor met vars perskes. 6. Nog opdienvoorstelle: Sit kruieblaartjies met blommetjies aan onderin die vorm/s op die moeselienlap sodat dit op die kaasvorm lê wanneer jy dit omkeer. Sit voor saam met babagroentes, soutbeskuitjies, rogbroodvingers of vars vrugte.
Ons het tiemietakkies gebruik omdat die fyn, pers blommetjies so mooi is, maar jy kan die maaskaas met enige kruie geur.