kategorieë: Reis

Club Mykonos, Langebaan

Naam
Suzanne Kotzé

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar ons was
Club Mykonos

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging
Langebaan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soort akkommodasie
Selfsorg

Tariewe
Vanaf R1500 ‘n woonstel met een kamer per weeksaand, of R2300 per naweeksaand (van 13 Januarie tot 8 April). Gedurende ander tye van die jaar is daar goedkoper pryse. Meer inligting by www.clubmykonos.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Atmosfeer
Gesinsvriendelik

Wie almal daar was
Multi-kulturele vermenging van families

Wanneer
25 en 26 Januarie

Waar ons oorgeslaap het
Selfsorg-eenheid; kamer 003. Ek dink hierdie een en die kamers in die omgewing is van die lekkerste kamers. Dit is by die speelparkie, swembad en see, en op die grondvloer geleë. Ek kan nie dink dat die kamers wat nie op die see uitkyk so ‘n lekker gevoel sal hê nie. Ek sou beslis aanbeveel dat jy probeer om ‘n grondvloerkamer te kry as jy kinders het.

Waar ons geëet het
Vrydag-aand by Lekka by die seerestaurant; hulle mossels is ‘n moet! Heerlik vars. Saterdag-middag het ons voor by die Marina gesit. Hier kon ons sommer van ‘n paar verskillende restaurante se spyskaarte af bestel. Ons het diepgebraaide haloumi -kaas as voorgereg gehad vanaf Bouzouki se spyskaart. Dit was heerlik. Ek het ‘n heerlike pizza van die Little Venice restaurant geëet en Danie garnale.

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Ons het dit baie geniet, omdat ons twee en ‘n halfjaar oue seuntjie Daniel dit so baie geniet het. In die aand voor hy gaan slaap wou hy parkie toe, en dadelik soggens as hy wakker word. Die swembad langs die see is ook heerlik. Daar is ook baie aktiwiteite.

Wat omtrent die plek of die mense het jou gefassineer?
Dit is groot en daar is baie families, maar dit raas nie te veel nie. Ons was ook skaars bewus van die casino by die oord.

Ideaal vir gesinne

Club Mykonos is heerlik vir gesinne. Voor ons ‘n kind gehad het sou ons dit nie noodwendig soveel geniet het nie; maar jy geniet dit omdat jou kind dit so geniet en daar is soveel om te doen. Daar is ‘n kinderklub (Club Onos) waar jy jou kinders kan los, maar ons het nie; wou eerder die tydjie saam geniet. Daar is ook watersportaktiwiteite, maar Daniel was nog te klein vir baie hiervan. Ons het gekies om eerder by die swembad, see en putt-putt baan rond te hang. Dit is wel winderig; staan maar vroeg op sodat jy voor 12 die meeste van die see- en swemaktiwiteite kan doen.

Tussen die middelste kamers is daar ook swembaddens wat meer windbeskut is. Jou ervaring gaan ook baie te doen hê met die ligging van jou kamer, so probeer om ‘n kamer voor by die see te kry. Die seekamers is wel duurder, maar volgens my die prys werd. Een ding wat wel sleg is, is dat mens eers om 16.00 kan inboek en reeds 10.00 die oggend weer moet uitboek. So mens moet beslis vir twee aande gaan om ‘n volle dag te kan geniet. Ons het Sondag nadat ons uitgeboek het na die natuurreservaat buite Langebaan gery en lekker langs die see gaan braai.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

40 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

53 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

4 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.