BEPALINGS EN VOORWAARDES
- Die Promotor is Clover S.A. (Pty) Ltd (“die Promotor”)
- Slegs Suid-Afrikaners mag aan die kompetisie deelneem. Dit sluit uit: direkteure, lede, vennote, werknemers, agente, konsultante of enige ander persoon wat direk of indirek in beheer is van, of beheer word, deur die promotor of advertensie- en skakelagentsktoepe wat by die kompetisie betrokke is. Gades, lewensmaats, sakevennote of direkte familielede uit.
- Die kompetisie is geldig van 9 Februarie tot middernag 30 September 2015. Inskrywings wat ná middernag op die laaste dag ontvang word, sal nie geldig wees of in ag geneem word nie.
- Om in te skryf: laai jou foto op die rooi rose Clover Little Big Cook-It-At-Home Facebook-toep:
- ’n foto van jou en jou kind, of net jou kind, wat die maandelikse resep maak wat op die Clover Little Big Cook-It-At-Home Facebook-toep gepubliseer is.
- ’n persoon of persone wat die sertifikaat vashou wat aan hulle toegeken is nadat hulle die maandelikse resep gemaak het; en
- enige Clover-produk moet in die maandelikse resep gebruik word.
- Die wenner sal deur ’n ewekansige trekkingsproses gekies word. Die trekking sal gedoen word deur die promotor, of iemand wat deur die promotor aangestel is. Die kontantprys sal aan ’n wenner van die kompetisie toegeken word.
- Maandelikse trekking sal in die eerste week van elke maand vir die duur van die kompetisie plaasvind (Februarie tot September). Die wenners sal telefonies in kennis gestel word en daarna per e-pos bevestig word. Die organiseerders sal die pryswenners op die telefoonnommer en e-posadres wat verskaf is, probeer kontak. Indien die wenners nie ná ses probeerslae gedurende kantoorure in ? tydperk van 72 uur bereik kan word nie, sal die prys verbeur word en ? ander wenner sal in ooreenstemming met die kompetisiereëls gekies word.
- Alle kontantpryse sal deur ‘n elektroniese geldoordragstelsel (EFT) aan die maandelikse wenner betaal word. Elke maandelikse wenner moet ’n geldige Suid-Afrikaanse bankrekening hê en sal gevra word om sy/haar bankbesonderhede aan die Promotor of sy gemagtigde verteenwoordiger te verskaf. Nie die Promotor of sy gemagtigde verteenwoordiger sal verantwoordelik gehou word vir enige bankvertraging met die oorplasing van wenners se geld of die verkeerde bankbesonderhede wat deur die wenners verskaf word nie.
- Pryse mag nie omgeruil of vir kontant geruil word nie en is nie oordraagbaar nie. Alle wenners moet hul pryse binne 30 dae ná trekking eis en ontvangs daarvan erken. Versuim om die prys te eis, asook die weiering of onvermoë om aan versoeke te voldoen, sal die wenner diskwalifiseer en ? nuwe wenner sal volgens die uitsluitlike diskresie van die Promotor gekies word.
- Die Promotor behou hom die reg voor om te versoek dat foto’s wat van die wenner geneem word vir publisiteitsdoeleindes gebruik word sonder dat enige verdere vergoeding aan die wenner betaalbaar gemaak word, in watter geval die wenner kan weier.
- Die Promotor sal die reg hê om die kompetisie onmiddellik en sonder enige kennisgewing te beëindig vir enige rede buite sy beheer. In die geval van beëindiging stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle mag hê in terme van die promosie, en hulle erken dat hulle geen verhaalsreg teen die Promotor, sy agente en personeel sal hê nie.
- Deelnemers aan die kompetisie aanvaar die kompetisiereëls en inskrywers onderneem om by die reëls te hou.
- Behalwe in soverre voorsiening gemaak is in Wet 68 van 2008, is die beslissing van die beoordelaars finaal en geen briefwisseling sal gevoer word nie.
- ’n Afskrif van hierdie reëls kan deur rooi rose se Facebook-blad verkry word: https://www.facebook.com/rooirose