Volgens Brendon Hargroves, uitvoerende vervaardiger van dié konserte, het alle rolspelers ingestem om hul dienste gratis hiervoor te bewillig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Die ekstra konsert se opbrengs word aan organisasies geskenk wat help om verligting in die area te bring. Ons het besluit om alle kaartjies vir die ekstra konsert, by die Moreletapark Ouditorium in Pretoria, teen R250 te verkoop. Dit is ons manier van omgee en om die mense van Knysna te ondersteun,” sê Hargroves.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Ons nooi alle musiekliefhebbers om hierdie konsert van wêreldgehalte te ondersteun en sodoende ook aan dié liefdadigheidsprojek deel te neem,” sluit Hargroves af.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Brande het die afgelope paar dae geweldige verwoesting in Knysna en omliggende areas gesaai en te midde van lewensverlies, is verskeie besighede en huise in puin gelê, wat talle mense dakloos gelaat het.
Dít is ’n saak wat vir Corlea, wat by Classics is Groot te sien is, baie na aan die hart lê. “In 1995 het ons huis tot op die grond gebrand, ons het net die klere aan ons lywe oorgehad. Ons het so verlore en haweloos gevoel. My hart gaan uit na hierdie arme mense, wie se wêreld totaal omgekeer is. Help my, en my mede-kunstenaars, om net ’n klein bietjie hoop en verligting in dié onsekere tye aan hulle te bring,” vra sy.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Saam met Corlea op die verhoog, kan konsertgangers uitsien na optredes deur Amira Willighagen, Jannie Moolman, Coleske, Touch of Class, Swing City, Monique Steyn, Tarryn Lamb, Charl du Plessis en die Joburg Ballet Company.
Kaartjies vir dié ekstra konsert (Saterdag, 24 Junie om 12:00) is nóú by www.ticketpro.co.za teen R250 per persoon beskikbaar.
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Hierdie webwerf gebruik koekies.