kategorieë: Ontspanning

City Lodge Hotels se eie huiswyn bekend gestel

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gaste is genooi om twee trots-Suid-Afrikaanse ondernemings, wat albei bemagtiging en volhoubaarheid as etos nastreef, se nuwe projek te kom proe. Die gasheer-hotel vir die funksie, was die City Lodge Hotel Grand West en die #Café restaurant met sy pragtige uitsig oor Tafelberg, was die perfekte plek om die nuwe City Lodge Hotels huiswyne bekend te stel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die City Lodge Hotel GrandWest, waar die bekendstellingsfunksie gehou is.

Dean Samouilhan, bestuurder van City Lodge Hotel Grand West het gaste verwelkom en gewys dat die hotel met sy pragtige historiese aansig en Kaap-Hollandse argitektuur, gewis die beste plek is om ‘n regte Kaapse wyn aan gaste bekend te stel.

Dean Samouilhan, bestuurder van City Lodge Hotel GrandWest het gaste verwelkom en gewys dat die hotel met sy pragtige historiese aansig en Kaap-Hollandse argitektuur, gewis die beste plek is om ‘n regte Kaapse wyn aan gaste bekend te stel.

Die #Café restaurant met sy pragtige uitsig oor Tafelberg, was die perfekte plek om die nuwe City Lodge Hotels huiswyne bekend te stel.

Diemersfontein se bemagtigingsprojek, Thokozani Staff Holdings, is ‘n vlak 1 B-BBEE meerderheid vroulike maatskappy en is ‘n vennootskap tussen Diemersfontein se eienaars, David en Sue Sonnenberg, en die werknemers van die landgoed. Thokozani (“vieringe” in Zoeloe) wyne word vervaardig deur werknemers van die landgoed, wat eienaarskap en ‘n aandeel in die sukses van die handelsmerk geniet.

Die huiswyne, EASY Red en EASY White, weerspieël City Lodge Hotels se verbintenis om gehalte en uitsonderlike waarde aan ons gaste te verskaf, teen ‘n uitstekende prys, het Trevor Boyd, operasionele bestuurder vir kos en drank vir City Lodge Hotels by die bekendstelling vertel.

Die verpakking van die CLH huiswyne, wat deur Diemersfontein gemaak word.

Die naam is ook heel gepas, omdat die hotelgroep se leuse, “Life is hard. Check into easy,” is. Hy het vertel dat gaste die wyne met verskeie klein bakkies kos van die spyskaart kan geniet, Thaise groenkerrie en rys, beeshaas met blomkoolrys en ’n groot gunsteling, die stokvis goujons en skyfies met ‘n asynjellie-blokkie.

EASY White is ‘n Sauvignon Blanc 2024 en heerlik met die restaurante se vars slaaie, vis- en hoendergeregte, ligte versnaperinge, pizzas en toebroodjies. EASY Red is ‘n Pinotage 2022 en pas goed by geregte soos die sjefs se Shisa Nyama, hoenderkerrie, swaar geroosterde disse en die perfekte vennoot vir hul heerlike sjokolademoussem, een van die nageregte wat gaste kon geniet.

Gaste kon altwee huiswyne met verskeie disse en happies probeer.

Die heerlike beeshaas met blomkool was beslis die regte keuse met die EASY rooi.

Lindiwe Sangweni-Siddo, bedryfshoof van City Lodge Hotels, sê: “Ons nuwe vennootskap met Diemersfontein-wynlandgoed en Thokozani Staff Holdings is in lyn met ons eie B-BBEE en entrepreneurs opheffingsverbintenis. Ons is verheug om ons gaste ons nuwe huiswyne, EASY Red en EASY White, aan te bied. Jy kan nie net by EASY aanmeld nie, jy kan nou ook EASY teug!”

Wat die nuwe projek nog meer opwindend maak, is dat die vennoot wat City Lodge gekies het, self ‘n prysenswaardige storie het. Diemersfontein behoort al vir drie geslagte aan die Sonnenberg-familie, wat dateer uit die vroeë 1940’s. David se oupa, Max, het die 183 hektaar vrugteplaas in die skadu van die Hawekwaberge met uitsigte oor die Du Toit-kloof- en Bainskloof-bergreekse, gekoop. Wingerde is vir die eerste keer in 1986 geplant en in 2000 is ‘n kelder gebou, en die landgoed het begin om wyne te produseer. Wingerd-aanplantings sluit Shiraz, Pinotage, Cabernet Sauvignon, Chenin, Viognier en Mourvèdre in.

Diemersfontein se eerste oesjaar in 2001 was ‘n koffie-sjokolade Pinotage en het die Paul Sauer-trofee by die SA Jongwynskou gewen – die eerste van vele toekennings wat hierdie landgoed en handelsmerk behaal het.

Francois Roode (keldermeester by Diemersfontein Wyne), Wendy Petersen (HUB van SA Olive) en Lauren Hulsman (wynmaker by Diemersfontein Wyne).

Denise Stubbs, HUB van Thokozani Staff Holdings en Menslike Hulpbron-uitvoerende hoof by Diemersfontein, het aan gaste vertel: “Ons transformasiereis was nog altyd daaroor om werklike verandering in mense se lewens te bring. Dit is van kardinale belang om op opleiding en ontwikkeling te fokus as ‘n absolute noodsaaklikheid om volhoubare ekonomiese bemagtiging van ons werknemers te bereik.”

Denise het as ‘n arbeiderskind grootgeword en met mentorskap deur die Sonnenbergs, ‘n meerderheidsaandeelhouer en besturende direkteur van Thokozani Staff Holdings geword.

Thokozani Holdings word besit deur 39 werknemers van Diemersfontein Wine and Country Estate. Thokozani Staff Holdings het ‘n betekenisvolle aandeelhouding in Diemersfontein Wyne, die handelsmaatskappy van die landgoed, wat ‘n belangrike stap in die transformasie en ontwikkeling van hierdie bemagtigingsonderneming is.

Thokozani Holdings volg ‘n soortgelyke sakemodel as Diemersfontein Wine and Country Estate en sluit ‘n wynhandelsmerk en gastehuise in, wat ook konferensiefasiliteite op die landgoed bestuur.

Die ontwikkeling van personeelkundigheid en -vaardighede is ‘n belangrike komponent van die verhouding, wat Thokozani Holding se posisie as ‘n volhoubare en groeiende onderneming versterk en die finansiële toekoms van sy aandeelhouers verseker.

Die vroue van Thokozani Wines is van links Chantel Oransie (admin wynverkope), Tygline Samuels (toesighouer wingerde), Denise Stubbs (HUB van Thokozani Staff Holdings en Menslike hulpbronne Diemersfontein), Rochelle Slinger (Menslike hulpbronne assistent van Diemersfontein Wyne. Al die vroue is van basiese arbeiders opgelei en bevorder.

Wellington Voorbereidende Skool en Kollege, wat in 2004 op die plaas sy deure geopen het, is IEB geakkrediteer met ‘n benydenswaardige rekord van die produksie van top-studente uit diverse sosio-ekonomiese agtergronde. Die skool is die breinkind van Sue en David Sonnenberg, en sy sukses is in geen geringe mate te danke aan hul toewyding, passie en dryfkrag nie. Van die 320 leerders word 40 tans uit benadeelde agtergronde deur middel van ‘n trust finansiële ondersteuning gebied.

Ronel Radloff, gasvryheids-assistent van Diemersfontein se gastehuis, het vir die gaste gesing en het ‘n tweede plek behaal in die Agri’s Got Talent-2021 kompetisie. Die kompetisie is ’n sosiale opheffingsprojek wat  talentvolle plaas-, pakhuis- en kelderwerkers in die vrugte- en wynbedryf die geleentheid bied om hul sangtalent te ontwikkel.

Arlene Ramora (gasvryheidsbestuurder) en Ronel Radloff (gasvryheids-assistent van Diemersfontein-gastehuis).

Sue Sonnenberg (mede-eienaar van Diemersfontein), Michaela Andrews (Junior assistent-bestuurder by Town Lodge Bellville) en Liezel Vernon (bestuurder Town Lodge Bellville). Die hotel ondergaan tans ‘n uitgebreide opknapping en sal binnekort met ‘n vars en kontemporêre voorkoms open.

Tony Balabanoff, CLH Afdelingsdirekteur: Bedrywe, het vertel dat City Lodge Hotels die afgelope paar jaar op ‘n opwindende reis was om sy kos- en drank-aanbiedinge uit te brei. “Wat tydens die pandemie begin het as ‘n noodsaaklikheid om meer as net ons beroemde buffet-ontbyte en ligte maaltye te bied, het ontwikkel tot ‘n volledige middagete- en aandete-spyskaart by al 59 ons hotelle in Suid-Afrika, Windhoek, Botswana, en Mosambiek.

“Gedurende hierdie tyd het ons ook ons ​​drankiespyskaarte verbeter, en die bekendstelling van ons eerste huiswyne was ‘n natuurlike volgende stap. Ons wou hê dat hierdie wyne ons verbintenis tot gehalte, waarde vir geld en uitnemende diens weerspieël!

“Ons ondersteuning en verbintenis tot transformasie is ‘n strategiese noodsaaklikheid vir City Lodge Hotels. Ek en Trevor het wyd en syd gesoek na ‘n geskikte vennoot wat met ons eie transformasiedoelwitte ooreenstem. Toe ons Denise ontmoet, het ons dadelik geweet dat ‘n outentieke vennootskap gevorm kon word. As sodanig is ons Easy-wyne ‘n bewys van ons vrugbare samewerking met die bekroonde Diemersfontein-wynlandgoed en Thokozani Holdings wat nuwe lewe bring aan ‘n visie wat David en Sue Sonnenberg gestig het.”

Tony Balabanoff (CLH Afdelingsdirekteur: Bedrywe), Denise Stubbs (HUB van Thokozani Staff Holdings en Menslike Hulpbron-uitvoerende hoof by Diemersfontein), Trevor Boyd (CLH se operasionele bestuurder vir kos en drank) en David Sonnenberg (mede-eienaar van Diemersfontein).

Die EASY-wyne is beskikbaar in al vier hotelhandelsmerke: Courtyard Hotel, City Lodge Hotel, Town Lodge en Road Lodge. EASY White verkoop vir R45 per glas en R170 per bottel, en EASY Red vir R50 per glas en R180 per bottel.

Besoek www.citylodgehotels.com en www.diemersfontein.co.za vir meer inligting oor hierdie projek.

Lees ook: The Mentors voeg bietjie glans by hul nuwe Limited Edition Tempranillo 2021

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters

Bak hierdie koekies vir die vakansiekoekblikke. Die hawermout verlaag die GI van die koekies sodat…

15 hours Gelede

Word die ‘miljoenrandvraag’ dié lente op kykNET beantwoord?

Is dit ’n kwessie van “heerlike lente” vir vasvraprogram-foendies wanneer Wie word ’n Miljoenêr? in…

16 hours Gelede

14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen

Dis somer, en nou slaap jy nog slegter. Wat alles kan jou wakker hou, en…

1 day Gelede

Ateljeenessies – hoe om die meeste uit jou klein spasie te kry

Daar is uitdagende ontwerpe en dan is daar die uitdaging van ’n ateljee-woonplek! Hoe pas…

1 day Gelede

Marinda Engelbrecht se tjipshoender

Haar resepteboek Marinda se koskas bevat resepte vir lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan…

1 day Gelede

‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is

In vanaand se episode van Een keer om die son soek Ruan antwoorde by Lani…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.