kategorieë: Mode

City Chic roep kurwes om te kom speel

City Chic is deel van die Speciality Fashion Group en spog met 90 winkels in Australië sowel as takke in Nieu-Seeland, sowel as ’n internasionale aanlyn-winkel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die heel nuutste voorkoms en style word perfek ontwerp om kurwes te verbeter. Suid-Afrikaanse verbruikers kan uitsien na ’n byderwetse keuse van ontwerpe, insluitende ’n verskeidenheid van pragtige onderklere in groottes waarvoor daar gewoonlik nie voorsiening in Suid-Afrika gemaak is nie. Daar is ook ’n spesiale “booty” snit denim wat spesifiek vir die plaaslike mark ontwerp is. Los en vormloos is weg en pragtige kurwes in plus grootte maer been en bootleg jeans is hier om te bly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die City Chic familie deel ’n liefde vir mode. Hulle gaan deur vier weke se streng maar motiverende opleiding, om ’n deeglike begrip te kry van hoe om die beste aan te trek vir ’n plusgrootte figuur. Vroue vind kurwes waarvan hulle nie geweet het nie deur middel van onderklere en ondersteunende klere, gemaak van hoë gehalte materiaal. Skielik is inkopies weer ’n plesier en ’n pragtige vrou vol selfvertroue verlaat die winkel, gereed om haar kurwes te vier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir meer inligting besoek www.citychic.co.za of ons Facebook-bladsy www.facebook.com/citychicza

City Chic se top wenke:

  • Omhels jou kurwes, ’n selfversekerde vrou is sexy.
  • Sakkerige style kan maak dat jy groter vertoon as wat jy is. Dra klere wat jou figuur komplimenteer.
  • Beklemtoon jou middel. Jou middel of net bokant jou middel, is gewoonlik ’n vrou se nouste punt . Dit wys die natuurlike balans tussen die heupe en skouers en laat jou bene langer en slanker voorkom.
  • Patrone doen wondere om die minder geliefde stukkies weg te steek.
  • Slim gebruik van kleur kan jou slanker laat lyk. Baie vroue word vasgevang in swart omdat hulle glo dit laat hulle skraler voorkom. Kleur wat by jou pas kan die gelaatskleur verbeter en aandag vestig op die dele wat jy liefhet.
  • As jy goed geseën is in die bors area, vermy hoë halslyne. Dra laer halslyne om jou gesig ruimte te gee, visueel sny dit jou bors in die helfte!
  • Driekwart lengtes laat jou heupe wyer en jou bene korter. Dra eerder klere waar die soom op of net onder die knieë val.
  • Vermy hemde, bloese en baadjies wat te lank is. Dra eerder mooi gevormde bloese in korter lengtes (bo of net onder jou breedste punt).
  • Baie stywe style sal jou breedste punt wyer laat lyk.

Bron : City Chic www.citychic.co.za & Tracy Gold www.tracygold.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

17 hours Gelede

Ontmoet die akteurs van ‘Niggies’ se 1980’s-era

Episode 4 van Niggies begin in 1966 en wys, onder meer, hoe André (Janru Steenkamp)…

19 hours Gelede

La Maison Pommery keer terug na Suid-Afrika

Woorde: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf     Die handelsmerk was vir etlike…

20 hours Gelede

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

4 days Gelede

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.   Bestanddele   15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…

4 days Gelede

6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter

Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek.

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.