kategorieë: Ons menseBekendes

Cintaine Schutte en Carel Nel se planne vir die feestyd

Een van Suid-Afrika se geliefde akteurspaartjies, Carel Nel en Cintaine Schutte, was in November twee jaar getroud, maar moes hul huweliksherdenking ver van mekaar vier. Carel het in Mauritius aan ’n nuwe reeks vir Showmax gewerk. Hy vertel van daar dat hy niks oor dié verfilming mag verklap nie, maar dat hy dit baie geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Albei van hulle het verskeie toekennings op hul kerfstok en is ewe tuis op die verhoog as voor die kameras.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Carel is onder meer bekend vir sy fliekrolle as Karl die Android in Ridley Scott se Raised by Wolves, Abraham Lincoln in Grant op The History Channel, en die Emmy-benoemde Roots, asook Blood Drive, Shepherds and Butchers, The Last Days of American en plaaslike TV-rolle soos Dwaalster, Fynskrif, Die Byl en Die Spreeus. Dis egter sy toneelwerk en kortflieks, waar hy die uiteenlopendste rolle vertolk, en wat sy veelsydigheid as akteur bevestig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Carel speel in die fantasieriller, Gaia, wat in Knysna verfilm is en waarvoor die kinematograaf, Jorrie van der Walt, die ZEISS Cinematography-toekenning by die jaarlikse South by Southwest (SXSW)- rolprentfees in Texas, Amerika, ingepalm het. “Ons sien baie uit dat Suid-Afrikaanse rolprentgangers dit kan sien, want dit is al in rolprentteaters regoor die wêreld vertoon,” vertel hy uit Mauritius. Die fliek is klaarblyklik in Maart by die tiende Silwerskermfees te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Carel het in September ook aan die verfilming van die film, Bethlehem, gewerk. Hy is nog nie seker waar en wanneer dit vrygestel sal word nie.

Cintaine is bekend vir haar rolle in Fynskrif, Phil 101, Boland Moorde, Die Kasteel, Ekstra Medium, Die Seemeeu-film en Knysna. Sy het meer as 30 teaterproduksies op haar kerfstok en vele van hierdie optredes soos in Tien Duisend Ton, Die Seemeeu, Huishou, Die dinge van ’n kind en Drif, het vir haar toekennings besorg.

Haar mees onlangse rol is in Bus 7070 wat op Showmax beskikbaar is. Sy vertel: “Dit was heerlik om weer met Andre Velts te kon werk, ek vertrou hom baie. Dit was ’n komplekse rol met baie verantwoordelikheid om die nuanses en eerlikheid te behou, terwyl ‘n mens ook die styl van komedie moes behou. Ek het baie lief geraak vir die karakter. Maar om ’n fliek in vier dae te skiet, is nie ’n grap nie!” vertel sy.

Sy het onlangs klaar aan ’n program vir VIA TV, Huisgenoot Blokraaibestes, verfilm waar sy vir die eerste keer die rol van ’n aanbieder moes aanpak. “Dit was ’n ongelooflike ervaring om die jaar mee af te sluit.”

Cintaine doen in die nuwe jaar weer haar eenvrouvertoning, Die dinge van ’n kind by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad op 23 en 27 Februarie vir die publiek en daarna verskeie skolevertonings.

Tussendeur begin sy repeteer aan ’n teaterstuk, wat die res van die jaar sal toer en ’n fliek debuteer ook by die tiende Silwerskermfees.

Die paartjie bring hierdie feestyd in die Drakensberge saam met familie en vriende deur. “Veral ná so ’n moeilike jaar, het ek en Carel besluit dis belangrik om tyd saam met geliefdes deur te bring aangesien ons vakansieplanne verlede as gevolg van Covid gekanselleer was,” sê sy.

Sy voeg by dat hulle Kersfees op die 25ste vier en al die presente oopmaak. “My gunstelingdeel is om al die kinders se gesigte te sien. Die onskuld, die liefde en opwinding.” Hulle albei glo Kersfees is nie volledig sonder mangopoeding, Cintaine wat die Kerstafel dek en versier en hope liefde en lag, nie.

Cintaine sê sy wil die volgende geskenke in haar Kerskous hê: “Nuus dat ons bedryf gesond gaan raak, ’n kat, ’n kaartjie na ’n musiekfees en ’n geskenkbewys vir die hele wêreld vol van gesondheid, liefde en hoop.”

Deur Maryke Roberts

Deel
Gepubliseer deur
rooi rose span

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

9 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

39 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.