kategorieë: Ons menseBekendes

Cindy Swanepoel vat die koek in nuwe Showmax-misdaadkomedie

Die misdaadkomedie Koek is nou op Showmax beskikbaar om te stroom, met nuwe episodes wat weekliks op Donderdae vrygestel word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As die Kaapstadse huisvrou Christelle Smit bewyse ontdek wat daarop dui dat haar man ’n buite-egtelike verhouding met ’n ontkleedanser, ene Candi Floss, neem haar ondersoek haar na ’n wêreld wat hemelsbreed verskil van die noordelike voorstede-utopie wat sy ken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Cindy Swanepoel het verlede jaar beide ’n Safta- en ’n Silwerskermtoekenning vir haar rol as Annelize in Binnelanders gewen. Christelle is egter ’n heel ander karakter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rozanne Els het met haar gesels oor haar eerste rol in ’n Showmax Original, asook waarna die veelbekroonde reeksskepper Christiaan Olwagen (Kanarie, Recipes for Love and Murder) verwys as “die vertolking van haar lewe”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wie is jou karakter as ons haar aanvanklik ontmoet?

Christelle Smith is ’n ma en ’n vrou vir haar man. Sy het haarself lankal in die proses verloor; sy doen alles vir haar familie. Sy is maar net jou average Jane, maar sy soek meer uit die lewe uit. Dan, een oggend, gebeur daar iets en haar hele lewe verander.

Kon jy maklik by Christelle aanklank vind?

Ja en nee. Ek kon maklik by Christelle aanklank vind, want ek het die karakter op my suster gegrond. Sy’s ’n ma en sy is ’n vrou vir haar man en sy doen alles vir haar familie. Ek het net die heeltyd gedink, “Wat sou sy gedoen het as al hierdie goed met haar sou gebeur het?” want ek sou dit definitief anders benader het. Ek en my suster is baie dieselfde, maar ons is ook heeltemal verskillend.

Hoe het jy dit reggekry om haar transformasie as realisties en geloofwaardig, maar ook met humor uit te beeld?

Ek voel alles in die lewe is maar eintlik humoristies. Alles kom van tragedie af en dan maak jy dit snaaks.

Dit was nie eens eintlik nodig vir my om die humor te speel nie; dis die absurditeit van als wat met Christelle gebeur wat dit snaaks maak.

Jou karakter gaan deur ’n helse tyd. Hoe moeilik was dit om haar op stel agter te laat?

Ek dink jy is die heeltyd gedurende hierdie proses op ’n emosionele plek. Ek dink nie ek het ooit rêrig uit dit gekom tot omtrent ’n maand nadat ek klaar geskiet het nie, want dit affekteer jou verseker. My verloofde sal ook vir jou sê dit het hom ook affekteer!

Wat was die mees uitdagende deel van die rol vir jou?

Ek is uit die staanspoor in die diepkant gegooi. Elke liewe dag op stel was vir my uitdagend! Daar was baie goed wat ek nog nooit op stel gedoen het nie. Ek moes om ’n paal dans; huil, en histeries wees.

Die grootste uitdaging vir my was om nie die heeltyd dieselfde vlak van emosie te hê nie. Ek kan nie elke keer skree nie, ek kan ook nie elke keer myself jammer kry nie. So die uitdaging vir my was om dit nooit op dieselfde manier te doen nie; om die karakter interessant te hou en haar nie irriterend te maak nie. So dit gaan oor die vlakke van emosies. As dit nie vir kontinuïteit (Marié van Wyk) en ons regisseur (Johannes Pieter Nel) was nie, sou ek baie gesukkel het. Ons het baie goeie leiding gekry.

As ’n aktrise, voel ek dat ek baie gegroei en geleer het. Ek is nederig en dankbaar. Wat ’n seëning.

Koek het ’n indrukwekkende rolverdeling. Was daar enigiemand met wie jy besonders lekker gewerk het?

Ashley de Lange het my sussie gespeel en ek kon nie vir ’n beter aktrise gevra het nie. Veral met die tipe tonele wat ons moes deel. Ek onthou toe ek die teks gelees het, was ek nogals angstig oor wie my sussie gaan speel omdat dit so ’n massiewe reis is wat ek saam met hierdie persoon moet deurgaan. Ashley is ongelooflik ondersteunend; sy het my lewe baie makliker gemaak. Ek sal vir ewig aanhou praat oor hoe dankbaar ek vir haar is. Ek het haar verskriklik lief, en sy is werklik ’n ongelooflike talent en die beste spanmaat waarvoor ’n mens kan vra.

En dan, natuurlik, Sandra Prinsloo. Ek wou nog altyd met haar gewerk het. Sy is so professioneel en sy het nooit gekla nie, en sy is altyd daar vir notas. Ek het regtig so baie by Sandra geleer. Wat ’n nederige, pragtige mens.

En dan my ou vriend, Jacques Bessenger. Ons het jare laas saamgewerk – ons het destyds saam kinderteater gedoen. So om hom weer op stel te hê… Ons het so verskriklik gelag!

En Llandi Beeslaar. Jissie, wat ’n talent!

Wat was die hoogtepunt vir jou?

Ek wou ook nog altyd iets gedoen het waarby Christiaan Olwagen betrokke is en om ’n hoofrol te speel in ’n reeks wat so oorspronklik en anders en astrant is, was vir my so ’n massiewe voorreg gewees. Dit sal my altyd bybly.

Kyk die lokprent:

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor die gewaagde universiteitsdrama, Wyfie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

11 mins Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

15 mins Gelede

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.