kategorieë: Ons menseBekendes

Cindy Nell se blik op liefdadigheid

Wat behels jou betrokkenheid by die inisiatief?

Ek doen gereeld media-onderhoude met die doel om bewusmaking rondom die noodsaaklikheid vir ’n goed gebalanseerde ontbyt in kinders se opvoeding te bewerkstellig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daarmee saam besoek ek ook graag skole waar ek motiveringspraatjies gee om jong meisies te inspireer. Ek bedien ook graag ontbyt aan die leerders en praat met hul ouers om hulle meer oor gesonde ontbyt-opsies en die voordele wat daarmee gepaardgaan, in te lig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe het jou termyn as Mej. Suid-Afrika jou voorberei om deel van die inisiatief te wees?

As Mej. Suid-Afrika, asook as die Eerste Prinses van Mej. Heelal in die daaropvolgende jaar, het ek die meeste van my tyd daaraan bestee om fondse in te samel en korporatiewe kliënte te spreek met die doel om skenkings te werf. Uiteraard moes ek ook verskeie fondsinsamelingsgeleenthede reël.

Dit was nog altyd ’n groot fokus van my om bewusmaking te skep vir diegene wat nie geld of kos het nie en wat binne die private sektor benadeel word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vandag gee ek ’n groot deel van my tyd aan die 5+ verskillende inisiatiewe waarby ek betrokke is. Baie hiervan kom vanuit my dae as Mej. Suid-Afrika, maar dit is die ongelooflike behoefte wat ons land se armes en benadeeldes het wat my inspireer om te gee wat ek het en om te help waar ek kan.

Hoe inspireer die Kellogg’s Breakfasts for Beter Days-inisiatief jou?

Dit inspireer my om by handelsname betrokke te raak wat daarop fokus om aan die gemeenskap terug te gee. Danksy dié inisiatief is ek baie passievol om ander organisasies aan te moedig om by verskeie liefdadigheidsprojekte betrokke te raak, sodat hulle ook ’n verskil in ander se lewens kan maak.

Hoekom, dink jy, is ontbyt ’n belangrike maaltyd veral vir kinders?

Kinders het nodig om hul dae met ’n gesonde, gebalanseerde ontbyt te begin sodat hulle genoeg krag het om te leer en sodoende meer in te neem. ’n Goeie ontbyt en ’n gesonde verstand loop hand aan hand. Dit is waar Kellogg’s ’n werklike verskil maak aangesien dit met elke skooldag ongeveer 26 000 kinders soggens voed.

Behalwe vir Kellogg’s Breakfasts for Beter Day, by watter ander projekte is jy tans by betrokke?

Ek is ’n aandeelhouer en direkteur by Cosmetix. Ons is die sambreel-organisasie vir handelsmerke soos Essence, Catrice en Caribbean Tan wat landswyd deur kleinhandelaars verkoop word. Dit stel my in staat om die oor die land heen te reis en werkswinkels aan te bied oor skoonheid- en gesondheidswenke. Hierdeur kry ek die geleentheid om ’n algehele, kunstige uitkyk op die lewe te hê.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

5 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

5 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

6 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

6 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

9 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.