1. Maak die Gemarineerde bocconcini: Kook die rissies en olyfolie vir 10 min. oor lae hitte. Haal af en laat afkoel.Ciabatta-pizza
Ingredients
Instructions
2. Sit die bocconcini in ’n bakkie en gooi die koue olie oor, marineer vir minstens ’n uur of oornag.
3. Maak die Olyf-en-dennepitgremolata: Meng die olywe, dennepitte, knoffel, suurlemoenskil en pietersielie.
4. Verf die binnekant van die ciabatta met olyfolie. Rooster oor die kole tot goudkleurig.
5. Sit die kersietamaties op die ciabatta en rooster tot die tamaties begin oopbars. (Dit help as jy ’n ketelbraaier het en die deksel kan opsit, anders brand die broodjies dalk voor die tamaties gaar is. Indien jy nie ’n braaiketel het nie: Sprinkel olyfolie oor die tamaties en rooster hulle vir sowat 10 min. in die oond by 200 °C of tot hulle begin oopbars.)
6. Pak die bocconcini-balletjies tussen die warm tamaties. Strooi die gremolata en basieliekruidblare oor. Geur na smaak.