Gremolata word gemaak deur gelyke hoeveelhede fyn gekapte suurlemoenskil, knoffel en pietersielie te meng. Probeer ons nuwe variasie met olywe en dennepitte by. Dis heerlik op geroosterde vis, hoender en pasta. Ons het mozzarella-balletjies (bocconcini) in brandrissieolie geweek. Dit gee die pizza sommer woema. Ek gebruik die res van die bocconcini in slaaie en die geurige olyfolie as ek vleis rooster.