kategorieë: Bekendes

Christia Visser speel sekswerker in nuwe rol

Tot bietjie meer as ’n jaar gelede sou die naam Christia Visser nie juis aandag getrek het nie. Sy was onbekend, nuut in die bedryf en bloedjonk. Die eerste fliek waarin ons haar leer ken het, was in Hollywood in my Huis, waar sy die rol van ’n matriekmeisie vertolk wat haar matriekafskeid beplan. Daarna het kykers haar liefgekry in kykNET se reeks Die Boekklub. Twee ernstige rolle daarna het haar egter byna oornag in ’n aktrise verander oor wie almal praat. Hierdie talentvolle meisie van 23 het die potensiaal om die Afrikaanse filmbedryf ’n in ’n nuwe rigting te stuur. Sy het dit eerstens bewys in Alison, ’n hibriede fliek (deels rolprent, deels dokumentêr), wat handel oor die grusame verkragting en aanranding van Alison Botha en hoe sy dit uiteindelik oorleef het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek het Alison se boek (I Have Life) ’n paar keer gelees, en ook ’n klomp artikels oor haar. Maar ek het haar eers twee dae voordat verfilming begin het ontmoet. Dit was vir my baie belangrik om haar as mens te probeer verstaan, want dit verduidelik hoe sy daardie aand en haar lewe daarna hanteer het.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

*Lees ons volledige onderhoud met Christia oor haar rol in Alison in die September-uitgawe van rooi rose.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Alison is egter nie die enigste ernstige rol wat Christia al vertolk het nie. In die dramatiese rolprent Tess, wat gegrond is op die roman Whiplash deur Tracey Farren, vertolk Christia die rol van ’n sekswerker in Muizenberg wat swanger raak en uiteindelik gedwing word om haar verlede in die oë te staar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Christia is as beste aktrise aangewys by die Durbanse Internasionale Rolprentfees én by vanjaar se Silwerskermfees vir haar rol in dié film (wat gewaarborg is om jou te ontstel).

Ons het haar voor die vertoning by die Silwerskermfees vinnig genader vir ’n paar vrae.

Hoe het jy vir die rol voorberei?

Ek het die voorreg gehad om met eks-sekswerkers te praat en hul stories te hoor. Dit was crazy en openbarend want ek was die tipe persoon wat sekswerkers veroordeel het en geglo het vroue het altyd ’n keuse. Dit was totdat ek in hierdie rol geklim het, met die vroue begin gesels het en agtergekom het hulle is die wonderlikste mense. Jy hoor hul stories en jy besef daar was nooit vir hulle ’n keuse nie, dit was hul enigste uitweg. Dis dan wanneer mens anders na dinge begin kyk. Dit was my eerste groot stap om werklik in Tess in te klim – om my eie “prejudice” eenkant te sit en te besef ek het geen reg om ander te veroordeel nie.

Wat is die grootste lewensles wat jy in die film geleer het?

Moenie judge voor jy nie weet nie, want almal het ’n storie en daar is altyd ’n rede waarom mense is hoe hulle is. Voor jy dít nie verstaan nie, het jy nie die reg om hulle slegter te laat voel nie.

Hoe het Alison en Tess jou emosioneel geraak?

Albei films bevat baie mishandeling en ek het voor dit reeds sterk gevoel oor vroue- en kindermishandeling. Nadat ek hierdie twee films gedoen het, voel ek net soveel sterker daaroor. Om te sien wat met Alison gebeur het en om Tess se storie en die rede waarom sy ’n sekswerker geword het te leer ken, laat mens besef hoe gelukkig jy is as jy nie deur so iets gegaan het nie. Jy moet jou sterre tel as jy nie die slagoffer van mishandeling was nie! Ek voel net ons moet begin opstaan vir die wat nie kan nie.

Watter rol wil jy volgende vertolk?

Ek wil vreeslik graag nog ’n tipe van ’n Katniss Everdeen wees (The Hunger Games). I want to be a strong female hero!

Ons sien uit daarna om hierdie jong aktrise in die toekoms in nóg groot rolle te sien.

Tess sal in 2017 in fliekteaters vrygestel word. Kyk hier na die lokprent:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

17 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

17 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

18 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

21 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.