kategorieë: Ons menseBekendes

Christia Visser gesels oor haar eerste enkelsnit, 17 shots, en die opwindende jaar wat voorlê

Christia Visser gesels oor haar eerste enkelsnit, 17 shots deur Catherine Schenck. Foto’s: verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Geliefde Suid-Afrikaanse aktrise, Christia Visser betree nou die musiekbedryf met haar heel eerste enkelsnit, 17 Shots. Ons het ’n bietjie met hierdie bekroonde aktrise gesels om meer uit te vind …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook ons onderhoud met Christia Visser oor haar rol as die sekswerker Tess

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Vertel ons meer van jou eerste enkelsnit, “17 Shots,” wat jy pas vrygestel het

“17 shots gaan oor 17 redes hoekom ek/’n mens soms voel jy wil weghardloop. Dit gaan oor shots wat die lewe uitdeel en dan wil jy jou sorge soms net in goeie tye verdrink. Dit gaan daaroor dat dit nie ’n werkbare oplossing is nie, want as jy dit doen, vind jy jouself nie, jy verloor jouself, en vergeet net vir ’n klein rukkie.

Die lirieke kom uit my hart, dis persoonlik, en ek hoop die gehoor sal dit voel en hulle miskien ook daarmee kan vereenselwig.

2. Vertel ons meer oor die musiekvideo …

Die video sê dat jy ondanks jou foute steeds skoon en met waardigheid aan die anderkant kan uitstap. Uga Carlini, die regisseur, het met die konsep vorendag gekom. Ons het baie met water gewerk, die idee van skoon was, of dalk verdrink.

Ek dra ’n wit rok wat Hendrik Vermeulen gemaak het – dit dui op reinheid ondanks swak besluite. Die rok het in lae afgekom, soos al die seer en al die ekstra bagasie afgegooi word en die water dit wegwas …

Wanneer jy besluit om jou seer reguit in die oë te kyk en nie deur die onderkant van ’n glasie daarna te kyk nie.

Ons het by Vishoek, St. Joseph’s Katolieke Kerk in Kommetjie en by McNally’s in Glencairn ge-shoot.

Kyk hier na die video

3. Wanneer word die album uitgereik?

In hierdie stadium is ons nog net by hierdie enkelsnit, en ek wil hierdie proses eers geniet. Daar is nog een of twee in die pyplyn en wie weet, dalk word dit iets groters.

4. Wat het jou laat besluit om ’n enkelsnit uit te reik? Wou jy nog altyd sing?

Van ek kan onthou, was sang my droom. As klein dogtertjie het ek elke middag ná skool my kamerdeur toegetrek en uitgeboekte stadion-shows vir myself perform. Ek het later besluit om eers al my aandag op toneelspel te fokus, maar om my in my musiek ook uit te leef was nog altyd deel van my plan, ek het net op die regte tyd gewag.

5. Wat sal jy graag met hierdie liedjie wil vermag?

Vir nou, hoop ek werklik net dat mense hierdie enkelsnit geniet. My hart is daarin en ek het nog so baie wat ek wil deel. Ek hoop dit maak deure oop vir meer.

6. Wie was almal deel van die produksie van die liedjie?

Ek, Adolf Vorster en Don Kelly het die enkelsnit geskryf en dis deur Dirk van Niekerk vervaardig. Towerkop Creations het die video gemaak, en die nuwe enkelsnit is deur my platemaatskappy Select Music, ’n afdeling van Sony Music Africa, uitgereik.

7. Wat is vir jou die lekkerste deel van musiek maak?

Alles! Musiek is storie, dis emosie … dit laat ‘n mens vóél – of dit nou hartseer, woede of geluk is, dit maak nie saak nie, want alles is valid. As ek musiek maak of skryf, voel dit of alles wat binne my is, kan uiting kry, dis bevrydend.

En natuurlik, almal hou van musiek in een of ander vorm, dit bring mense bymekaar. Tot die natuur maak sy eie musiek.

8. Kan ons vanjaar na opwindende nuwe projekte uitsien?

Beslis. Ek het pas klaar ge-shoot aan die BBC-reeks Noughts and Crosses, wat later vanjaar uitgereik word.

Ek verskyn ook binnekort in ’n bekroonde Afrikaanse reeks, ek weet nie of ek dit al mag bekend maak nie, so wees maar op die uitkyk daarna …

Daar is ook ’n paar ander projekte in die pyplyn. Dis vir my ’n baie opwindende jaar.

9. Wat is die heel lekkerste ding wat jy tot dusver werksgewys gedoen het?

Sjoe, dis moeilik, alles is vir my lekker op sy tyd. Maar ek moet sê ek moes onlangs ’n hele paar rekenaars met ’n kolf vernietig. Dit was nou vir jou ’n manier om van opgeboude frustrasie ontslae te raak, veral omdat ek geweet het ek mag, en moet!

10. Wat sal jy baie graag nog wil doen as jy die kans kry?

Daar is so baie wat ek nog wil doen en sien en beleef. Dis ’n droom om oor vastelande vir werk te kan toer, die wêreld te sien en verskillende kulture te beleef.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

21 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

22 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

22 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

24 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.