Christi Panagio deel haar beste skoonheidsgeheime deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Kristina Stojiljkovic
Pragtig, natuurlik, borrelend, energiek en snaaks. Dis Christi Panagio.
Sy deel haar skoonheidsgeheime (en nee, sy glo nie aan botoks nie), gunsteling-velsorgprodukte en behandelings vir haar ‘grasbol’-hare, en watter grimering sy gebruik het om haar eie grimering vir ons April-voorblad te doen (want niemand anders ken haar gesig so goed soos sy nie).
Besige ma’s, hier is wenke vir ons ook!
Lees ook: Kom loer agter die skerms met Christi en Nico!
Hare
Hoe sorg jy vir jou blonde hare?
Blonde hare is redelik moeilik aangesien dit droër is en baie sorg nodig het. Ek laat doen so gereeld moontlik ‘n INOAR ARGANPLEX-behandeling by die salon, want dit sit vog terug in my hare.
Ek was my hare met INOAR ABSOLUTE DAY MOIST Shampoo & Conditioner (R310 vir 250 ml elk). Dit sit die nodige vog terug in my “grasbol”.
Ek hou ook van INOAR se 3-minute SHOCK TREATMENT (R185 tot 3 gebruike). Ek is mal oor die argan-olie in al hul produkte.
… Oor blonde hare wat geel raak
Word jou hare ooit geel/oranje en gebruik jy ‘n pers sjampoe hiervoor?
Soms hou ek van die “goud”, maar soms kan dit net te geel raak (ook groen wanneer ek op Survivor is en heeldag swem!)
Ek is skugter vir te veel pers sjampoe omdat dit weer my hare te vaal of grys kan laat lyk. Ek doen eerder ‘n toner vir ‘n vars en blink voorkoms.
Ek speel graag met ‘n ligte roosgoud toner om dit meer karakter te gee. Ek hou van enige prettige, helder kleur solank dit nie dof is nie.
… Oor stilering
Hoe stileer jy gewoonlik jou hare en watter produkte gebruik jy?
Ek is gereeld by my haarstilis, Charles Junior Louw van Hashtag Colour Lounge, veral as ek na ‘n geselligheid toe moet gaan, ha!
Hy sit gewoonlik seesoutsproei op my wortels om die hare te lig en volheid te gee. Voor ‘n geselligheid doen ek ook ‘n INOAR Shock Treatment om my hare te laat blink en glad te maak.
By die huis meng ek INOAR Thermoliss Anti-frizz leave-in & Styling Aid Heat Protector (R500 vir 240 ml) en Inoar Argan Oil (R100 vir 7 ml; R620 vir 60 ml) nadat ek gewas het om die kroes te verminder.
Wanneer ek my hare sommer net laat droog word, gebruik ek INOAR Divine Curls Finishing Gel (R380 vir 240 ml) om my natuurlike semi-golwe te beklemtoon.
Het jy enige goeie stileerraad?
Indien moontlik, slaap ek die aand of twee voor ‘n groot geselligheid met ‘n vogbehandeling (Inoar Daymoist Treatment Mask (R520 vir 250 g)) aan.
Ek was en blaas my hare droog ‘n dag vóór die geselligheid of fotosessie (so ek beplan vooruit, haha).
My hare het baie meer volheid en tekstuur as dit nie skoongewas is nie. Seesoutsproei werk heerlik om my krulle ‘n bietjie meer oemf te gee.
En ‘n los bolla bly maar een van my beste staatmakeropsies!
Enige vinnige haartruuks, soos wanner jy laat is en nie tyd het vir hare stileer nie?
So, dit is omtrent elke dag!
Lush Dry Shampoo-poeier (No Drought Dry Shampoo Powder, R165) is baie beter as ‘n spuitbotteltjie en altyd ‘n wenner.
Of ek was net my kuif en maak ‘n lekker los bolla.
Ek is ook mal oor ‘n serpie wat vuil hare mooi wegsteek!
Grimering
Het jy geweet? Christi was verantwoordelik vir haar eie grimering vir ons voorbladfotosessie!
… Oor haar voorblad-voorkoms
Watter produkte het jy gebruik om jou mooi grimeervoorkoms vir ons voorbladfoto’s te skep?
Vel:
1 MAC Face & Body Foundation (R650).
- MAC Studio Fix Powder (R515) en
- MAC Studio Fix 24-hour Concealer (R380).
- MAC Prep + Prime Transparent Finishing Powder (R485) vir dele waar ek geneig is om te blink op foto’s en
- MAC Strobe Cream (R530) om glans te gee.
Oë
- Stilla Eyeshadow Palette (R865).
- Catrice Superbia Vol. 1 Warm Copper Eyeshadow Edition (R189).
- NYX Wonderpencil (R109,95) in die binnekant van my oë.
- Almay Thickening Mascara (R190, Dis-Chem).
- Vals wimpers: Eylure Naturalites Even Finish (R64,95, Dis-Chem).
Lippe:
- MAC Cremesheen Lipstick in Shy Girl (R260).
… Beste raad en gunsteling-produkte
Wat is jou beste grimeerwenke?
Geen grimering kan ‘n gedehidreerde vel laat goed lyk nie. Ek gaan altyd ‘n paar dae voor ‘n groot dag vir ‘n pHformula-behandeling Skin & Body Boutique, Durbanville en maak seker ek slaap al van ‘n paar aande voor die tyd af genoeg.
Ek drink 2-3 liter water (met suurlemoen)!
Dan slaap ek minstens een keer per week met my pHformula Vita C Bright Overnight Mask (R710) aan, en bevogtig my vel behoorlik voor ek begin grimeer.
Ek glo in minder is meer, so ek verkies die glansende, vars voorkoms.
pHformula CC Cream (R556) is lekker lig, natuurlik en met SPF 30, baie maskara, blosser en ‘n liptint. Na my mening lyk ‘n mens net ouer met baie grimering, so moenie daai fout maak nie!
MAC Strobe Cream (R580) onder jou oë en op jou wangbene verrig ook wondere! Dit laat mens se oë vars lyk, en verbloem ook fyn lyntjies aangesien dit lig reflekteer. Pasop vir poeier onder jou oë, dit beklemtoon weer die fyn lyntjies – nee dankie!
Wat is jou gunsteling-lipstiffie?
Ek het onlangs Revlon se Irresistible KISS balm (R64,95) ontdek en is mal daaroor! Dis meer van ‘n getinte balsem en dit het ‘n SPF20. Beskikbaar in ‘n hele paar kleure.
… Vinnige grimeerwenke
Het jy vinnige grimeerwenke vir ma’s wat laat is en net by die deur uithardloop?
Maskara het net ‘n manier om ‘n mens wakker te laat lyk (elke ma se grootste wens), en dan hou ek baie van blosser en ‘n liptint om ‘n vars voorkoms te skep.
Velsorg
So voel Christi oor ouer word:
Het jy ’n velsorgfilosofie?
Ek is 42, so my vel begin ouer lyk! Wanneer ek soet is (oefen, baie water drink, reg eet – al die goed wat ons WEET ons moet doen en WEET werk!), speel my vel saam!
Maar jou vel gee jou leefstyl weg! Ek glo nie in quick fixes nie (hoewel dit beslis die makliker uitweg sou wees, ai ek wens ek was minder streng!)
So, ek is soms mal oor my vel (as ek soet is), en soms moet ek kies tussen die lekker van ‘n koffie en/of glas wyn en laat gaan slaap, en die glow van ‘n mooi vel!
Ek voel tog ons kan meer fokus op die feit dat dit oukei is om ouer te word, eerder as om konstant by (onmoontlike) gladde-foutlose-vel-filters te probeer hou. Botoks help vir ‘n ruk, maar een of ander tyd moet die vel sy gang gaan, reg? Dan lyk sommige mense steeds ouer, maar net baie styf op snaakse plekke! Dit verander letterlik ‘n gesig, en nie noodwendig op ‘n goeie manier nie!
Daar is niks mooier as ‘n vrou wat natuurlik en grasieus oud word nie. (Hulle is deesdae so skaars soos hoendertande)
… Gunsteling-produkte en -behandelings
Wat is jou gunsteling-velsorgprodukte?
Ek is mal oor pHformula. My vel verander gereeld, en daarmee saam verander ek my roetine, so dit is heerlik dat hulle so ‘n verskeidenheid produkte in dieselfde reeks beskikbaar het.
My roetine (vir nou!):
- pHformula Exfo Cleanse (R445) een van my BESTES!
- pHformula Vita C Serum (R1 040). Vita C-room in die aand (R1 178).
- pHformula MD AGE Active Recovery (R768).
- pHformula MD POST Recovery Cream (R625).
- pHformula SOS Rescue Oil (R1 021).
- pHformula Eye Recovery (R805).
- pHformula SPF 30.
Ek wissel tussen die produkte, en doen ook een keer weekliks ‘n Vitamien A- en/of Vitamien B-mengsel in die aand. (My vel is sensitief vir Vitamien A, so net as ek nie die volgende dag iets belangriks aan het nie.)
Hoe gereeld gaan jy vir velsorgbehandelings en wat laat jy doen?
Ek probeer om so elke vier tot ses weke te gaan, en wissel gewoonlik af tussen pHformula micro-needling en skin resurfacing peels.
… Christi Panagio deel haar beste velsorgraad en vel-“kos”
Wat is jou beste velsorgraad?
Al die clichés!
- Twee tot drie liter water per dag is steeds die beste en doeltreffendste “geheim”. (Ek kry dit nie altyd reg nie, maar wanneer ek dit regkry, gloei my vel!)
- Was elke aand jou grimering af en bevog, bevog, bevog!
- Gaan vir behandelings, maar versorg jou vel DAAGLIKS met goeie produkte.
- Gebruik elke dag ‘n sonbeskermingsproduk.
- Eet gesond (soos in vitamiene en minerale)
- Hou op stres! (En as jy weet hoe, laat weet my!)
Jy leef ook gesond – watter kosse, of byvoorbeeld ’n smoothie, dink jy is goed vir jou vel ook?
Ek gebruik hierdie:
Neute
Suurlemoen (in 2-3 liter water elke dag)
Groente
Bessies
Sjokolade (Oukei, kakao, so maak jou eie!)
Rooiwyn (my story and I’m sticking to it)
My staatmaker gunsteling-smoothie:
Klapperwater
Collagen Powder (van Harvest Table)
Alkalising Powder (van Harvest Table)
Gevriesde bessies
Krulblaarspinasie (Kale)
Gevriesde piesangs
Chia-sade
YUM!
WEN
WEN een van twee heerlike pryse!
Albei kompetisies sluit 31 Maart 2020.
Bepalings en voorwaardes geld.
1. WEN met pHformula
WEN pHformula-produkte en ’n afskilferingsbehandeling by ’n pHformula-salon ter waarde van R3 531!
Jou prys sluit in:
- ‘n Tuissorg pHformula-stel (Homecare Kit ter waarde van R2 080) met vier produkte (wat saamgesit word afhangend van jou velsorg behoeftes)
- ’n Resurfacing peel behandeling (R750)
- en pHformula UV Protect SPF50+ (R701)
[gravityform id=”524″ title=”true” description=”true”]
2. WEN met INOAR
WEN INOAR haarpodukte en ‘n behandling ter waarde van R1 875.
Jou prys sluit in:
- INOARDaymoist Shampoo and Conditioner (R310 vir 250ml elk)
- 7ml Shock Treatment (R185 tot 3 gebruike)
- Arganplex profesionele behandeling in ‘n salon wat INOAR-behandelings doen. Die behandeling help om jou hare te beskerm en herstel gedurende chemiese prosedures en keer dat jou hare breek en bevogtig jou hare en maak so jou hare sterker en meer weerstandig.
Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus assistent-skoonheidsredakteur en stilis Justine Kroes en skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé op Instagram @Stylvol.co.za of volg hulle Facebook blad Stylvol
[gravityform id=”523″ title=”true” description=”true”]