kategorieë: Ons menseBekendes

Christel van den Bergh: Opgewonde oor haar eerste Comrades

Deur Ilse Salzwedel. Foto’s: verskaf deur Christel van den Bergh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek hardloop al van skooldae af, en het op skool daarvan gedroom om die jongste meisie tot nog toe te wees wat die Comrades hardloop. Maar dit het toe nooit gebeur nie,” skerts die borrelende Christel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

David Vlok, haar mede-akteur in die gewilde kykNET-sepie, Getroud Met Rugby, het nou al 21 keer die Comrades gehardloop, en het al meer as een keer voorgestel dat sy dit saam met hom doen. “In 2017 het ek besluit vanjaar gaan ek dit saam met David en sy dogter hardloop, en het in Desember begin oefen. Ek glo ’n mens moet jou drome najaag.”  Ironies genoeg is David toe Desember in ’n ongeluk met ’n bromponie, en hy kan nie vanjaar hardloop nie. Maar Christel se man, JP, het ook ingeskryf, en hulle het besluit om die uitdaging saam aan te pak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Christel sê hoewel hardloop vir haar natuurlik kom, het sy nog nooit sulke ver afstande gehardloop soos wat ’n Comrades vereis nie. Gelukkig stuur die Comrades-organiseerders vir mens ’n oefenprogram, so jy weet presies hoe om voor te berei. JP is gelukkig ook ’n groot langafstandatleet. Ek doen maar net wat my liggaam kan doen, en het ter voorbereiding ’n marathon gehardloop en ook 90 km versprei oor ’n naweek.” Die Vrydag het sy 32 km gehardloop, gevolg deur 28 km die Saterdag en 30 km die Sondag.

“Ek hardloop ook soms saam met die Parkview-drafgroep, en Bruce Fordyce is een van die lede. Hy reken darem ek is op koers met my oefenprogram.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: local celebs

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

15 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

16 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

17 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

18 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

20 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.