Chou
- 150 g koekmeel, gesif
- 300 ml water
- 125 g botter
- 4 eiers, liggies geklits
- Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Gebruik twee spuitsakke – een met ’n klein gladde punt en die ander met ’n groot sterpunt.
- Sif die meel op ’n stuk bakpapier en hou eenkant.
- Sit die water en botter in ’n kastrol en sit die deksel op. Bring tot kookpunt.
- Haal van die hitte af en gooi dadelik al die meel by. Roer die mengsel vir 30-60 sek. met ’n houtlepel tot dit glad is en
van die kante van die kastrol wegtrek. - Sit terug op lae hitte en roer vir nog 30-60 sek. sodat die mengsel verder uitdroog.
- Gooi die eiers bietjie vir bietjie by en meng elke keer goed in voor jy weer eier bygooi. Klop tot die mengsel glad en blink is en net van die lepel afval.
- Skep ⅓ van die deeg in die klein spuitsak met die gladde punt en die res in die groot sterpuntsak.
- Spuit 10-12 gholfbal-grootte bolletjies (die swaanlyfies) op die bakplaat.
- Spuit met die klein sak 12 S-vormige swaannekkies op dieselfde bakplaat.
- Bak vir 10 min. by 200 °C. Verlaag die hitte tot 180 °C en bak vir nog 20 min.
Vulsel
- 50 g gerookte ham, fyn gekap
- 250 g roomkaas
- ’n hand vol grasuie, gekap
Meng die ham, roomkaas en grasuie en skep in ’n spuitsak met ’n ronde punt. Maak ’n holte aan die bokant van elke
swaanlyfie en vul met gegeurde roomkaas. Druk versigtig ’n nekkie in die roomkaas in en sit op ’n bord.