1. Sit die botterskorsie in ’n oondpan en sprinkel heuning en olie oor. Geur na smaak en bak vir 30 min. tot gekaramelliseer en gaar. 2. Sit die skilferkors in ’n diep 30 cm x 25 cm-oondskottel en smeer die mascarponekaas oor die basis van die deeg. 3. Krummel die bokmelkkaas bo-oor. Pak die gekaramelliseerde botterskorsie en chorizo bo-op. Strooi die dennepitte oor. 4. Verf die deegrande met die botter en bak vir 20 min. of tot goudbruin en gaar. 5. Sit voor met tiemietakkies en roketblare.