kategorieë: Reis

Chobe, Botswana

Die vlug tussen OR Tambo en Kasane

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die vlug met Airlink se 39-sitplek ERJ135 Regional Jet duur minder as twee uur en sluit ‘n ligte maaltyd en iets te drinke in. Ek en my reismaat, Henda Heyneke, was in ons skik met die Eva-gene in die stuurkajuit op pad na Kasane – ons hou van vroueloodse!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het in Junie gevlieg en ons verwonder aan herfskleur landerye, vaal vlaktes, strepiespaaie, slingerende riviere, popspeelhuisies en die voue van die berge. In die omgewing van die Makgadikgadi-soutpanne het wit sandbanke soos stukkies kontinent in ‘n blou “see” gelê. Jy kon duidelik sien waar mense ingegryp het; daar was blokke met rooi, wit en grys skakerings wat later plek gemaak het vir ‘n groen landskap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nader aan Kasane was daar ‘n valer winterstrook met ruigtes en stofpaaie. Hou jou oë oop vir olifante wanneer julle gaan land! (In die veld, nie op die landingstrook nie …)

Die rit in ‘n lugverkoelde bussie met Afrika-musiek van (die baie klein) Kasane Lughawe tot by die Cresta Mowana Safari Resort & Spa duur net tien minute.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Cresta Mowana Safari Resort & Spa

My absolute gunsteling tydens ontbyt was die plaatkoekies en ‘n soort oliebol wat soos ‘n koeksister gedraai is. Daar is darem oorgenoeg “gesonde” kos!

Henda het my teen skemeraand met ‘n Gin & tonic in die kuierkroeg op die rivier bederf – lieflike ervaring! Twee uiltjies hou in die oop kroeg en hul skril geluide dra by tot die bosveldatmosfeer.

Ek het ‘n probleem met my tas ontwikkel en die vriendelike personeel by die hotel het aangebied om dit na die dorp te neem en te laat herstel. Dit was nie nodig nie, en ek het naald en gare by die Huishou-afdeling gekry – werklik goeie diens.

Die hotel het ‘n geskenkwinkel met allerlei interessanthede.

Ons het een aand by die Indiese restaurant in Kasane gaan eet – heerlik. Daar is ook ‘n Spar.

Wildsritte in die Chobe Nasionale Park

In Junie was die wind vroegoggend en smiddae maar koud. Trek warm kouse onder jou langbroek aan en neem ‘n trui, baadjie en dalk ‘n serp, mus en handskoene saam as jy nie ‘n Van Helsdingen is nie. Komberse word verskaf, asook drinkwater.

Die om en by 120 000 olifante migreer tussen Chobe en die naburige lande.

As seekoeie jou gunstelingverskynsel is, is jy by die regte plek. Die gidse behandel ‘n ry blinkrugseekoeie met heilige respek, en nie om dowe neute nie!

Stel jou voor hoe ‘n buffeltrop van 2000 sterk lyk! Veral as jy so naby kom dat jy hulle hoefval op die pad kan hoor en die pienk vel aan die binnekant van hul bene en onder die pense kan sien.

Kyk uit vir die Puku, ‘n bedreigde boksoort met ‘n rooierige kleur wat in Botswana slegs in die Chobe-gebied voorkom, asook in Oeganda en Zambië. Hulle is akwatiese bokke.

Op ‘n wildsrit hou die gids by “White Sand” langs die rivier stil sodat die safari-gangers iets kan drink – indien dit veilig is. Een van ons vroulike metgeselle is saam met die gids bosse toe om ‘n draai te loop. Die twee was binne minute terug; daar was ‘n alleenloperbuffelbul in die einste bos. Ons gids het dit kalm en rustig hanteer en voortgegaan om ‘n ogie oor ons te hou.

Wilds- en sonsondergangbootritte spring daagliks reeds om 3.00 weg. Neem jou eie drankies en eetgoed saam; vra by die hotel of koop in Kasane by die Spar.

‘n Klein fooi is betaalbaar vir elke dag wat jy die Chobe Nasionale Park besoek. Jy betaal dit saam met jou hotelrekening aan die einde van jou verblyf.

Die geldeenheid is die Pula, maar jy kan met Rand ook betaal. ‘n Rand was met die ter perse gaan om en by 0.85 Pula werd. Kleingeld word in Pula uitgekeer.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

3 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

4 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

4 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

4 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

5 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.