½ van ’n klein rooi kool en ½ van ’n klein groen kool
3 wortels, in dun repies gesny
200 g oorskiethoender
45 ml blatjang
15 ml heuning
30 ml sojasous
30 ml sesamolie
250 ml (1 k) gaar rys
30 ml sesamsaadjies, gerooster
60 ml rou grondboontjies, gekap
’n hand vol vars koljanderblare, gekap
3 sprietuie, oorlangs in skywe gesny
Instructions
1 Verhit ’n middelslagpan of wok oor matige hoë hitte. Braai die knoffel, gemmer en brandrissie liggies in die olyfolie, voeg die kool en wortel by en roerbraai vir 3 min. 2 Voeg die hoender, blatjang, heuning, sojasous en sesamolie by, roer deur en braai vir 2 min. 3 Roer die rys, sesamsaad, grondboontjies, koljanderblare en sprietuie by en roer deur. 4 Braai tot deurwarm en sit voor met ’n ekstra strooisel sesamsaad en sprietuie bo-op.