Chinese roerbraai
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 15 ml fyn gekapte knoffel
- 15 ml fyn gerasperde gemmer
- 15 ml gekapte brandrissie
- 30 ml olyfolie
- ½ van ’n klein rooi kool en ½ van ’n klein groen kool
- 3 wortels, in dun repies gesny
- 200 g oorskiethoender
- 45 ml blatjang
- 15 ml heuning
- 30 ml sojasous
- 30 ml sesamolie
- 250 ml (1 k) gaar rys
- 30 ml sesamsaadjies, gerooster
- 60 ml rou grondboontjies, gekap
- ’n hand vol vars koljanderblare, gekap
- 3 sprietuie, oorlangs in skywe gesny
Instructions
1 Verhit ’n middelslagpan of wok oor matige hoë hitte. Braai die knoffel, gemmer en brandrissie liggies in die olyfolie, voeg die kool en wortel by en roerbraai vir 3 min.
2 Voeg die hoender, blatjang, heuning, sojasous en sesamolie by, roer deur en braai vir 2 min.
3 Roer die rys, sesamsaad, grondboontjies, koljanderblare en sprietuie by en roer deur.
4 Braai tot deurwarm en sit voor met ’n ekstra strooisel sesamsaad en sprietuie bo-op.
Rooi Rose
Lees Meer
5 smullekker slaaie
22/01/2025
Steak-en-sampioen-roerbraai
17/01/2025
Frikkadelle in tamatiesous
17/01/2025