kategorieë: GebakKos

Chiffonkoek met nougatvulsel

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Koek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 270 g koekmeel
  • 2 ml (½ t) sout
  • 300 g suiker
  • 15 ml (1 e) bakpoeier
  • 125 ml (½ k) kookolie
  • 190 ml (¾ k) water
  • 6 eiergele
  • 15 ml (1 e) gerasperde lemoenskil
  • 15 ml (1 e) gerasperde suurlemoenskil
  • 250 ml (1 k) eierwitte
  • 2 ml (½ t) kremetart

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Versiersel

  • Room 250 g botter en
  • 125 ml (½ k) gesifte versiersuiker saam tot lig.
  • Voeg 193 g kondensmelk drupsgewys by
  • Klits 5 ml (1 t) vanieljegeursel,
  • 5 ml (1 t) suurlemoensap,
  • 1,2 ml (¼ t) amandelgeursel en
  • 5 ml (1 t) kremetart saam en vou
  • 250 g Moir’s-glansvrugte, liggies gekap, by

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

Voorverhit die oond tot 170 °C.

  1. Sif die koekmeel, sout, suiker en bakpoeier in ’n groot mengbak.
  2. Maak ’n holte in die middel en gooi die olie, water, eiergele, lemoen- en suurlemoenskil daarin.
  3. Klop goed saam.
  4. Klits die eierwitte en kremetart in ’n ander mengbak tot dit stywe punte vorm, maar moenie droog klits nie.
  5. Vou die eerste mengsel in die eierwitte in – werk lig maar deeglik sodat geen eierwit sigbaar is nie.
  6. Skep in ’n ongesmeerde losboom-chiffonpan.
  7. Bak eers vir 1 uur by 170 °C en dan vir 10 min. by 180 °C, of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  8. Haal uit die oond en draai die pan om sodat dit op sy voetjies staan en laat heeltemal afkoel. Druk die koek versigtig van bo-af uit die pan uit.
  9. Sny die koek in twee lae en smeer die versiersel tussen die lae en bo-oor die koek.
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.