Bestanddele
Koek
- 270 g koekmeel
- 2 ml (½ t) sout
- 300 g suiker
- 15 ml (1 e) bakpoeier
- 125 ml (½ k) kookolie
- 190 ml (¾ k) water
- 6 eiergele
- 15 ml (1 e) gerasperde lemoenskil
- 15 ml (1 e) gerasperde suurlemoenskil
- 250 ml (1 k) eierwitte
- 2 ml (½ t) kremetart
Versiersel
- Room 250 g botter en
- 125 ml (½ k) gesifte versiersuiker saam tot lig.
- Voeg 193 g kondensmelk drupsgewys by
- Klits 5 ml (1 t) vanieljegeursel,
- 5 ml (1 t) suurlemoensap,
- 1,2 ml (¼ t) amandelgeursel en
- 5 ml (1 t) kremetart saam en vou
- 250 g Moir’s-glansvrugte, liggies gekap, by
Metode
Voorverhit die oond tot 170 °C.
- Sif die koekmeel, sout, suiker en bakpoeier in ’n groot mengbak.
- Maak ’n holte in die middel en gooi die olie, water, eiergele, lemoen- en suurlemoenskil daarin.
- Klop goed saam.
- Klits die eierwitte en kremetart in ’n ander mengbak tot dit stywe punte vorm, maar moenie droog klits nie.
- Vou die eerste mengsel in die eierwitte in – werk lig maar deeglik sodat geen eierwit sigbaar is nie.
- Skep in ’n ongesmeerde losboom-chiffonpan.
- Bak eers vir 1 uur by 170 °C en dan vir 10 min. by 180 °C, of tot ’n toetspen skoon uitkom.
- Haal uit die oond en draai die pan om sodat dit op sy voetjies staan en laat heeltemal afkoel. Druk die koek versigtig van bo-af uit die pan uit.
- Sny die koek in twee lae en smeer die versiersel tussen die lae en bo-oor die koek.