kategorieë: KosSomerkos

Chia-en-suurlemoen-roomys met volgraan-wafeltjies

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy kan ook ’n bessieroomys maak. Roer 500 g fyn gemaakte bessies by die basiese mengsel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 500 ml (2 k) karringmelk
  • 500 ml (2 k) room
  • gerasperde skil en sap van 2 suurlemoene
  • 4 eiergele
  • 60 ml (¼ k) suiker
  • knypie sout
  • 30 ml (2 e) chia-saad

  1. Verhit die karringmelk, room en suurlemoenskil in ’n kastrol oor matige hitte tot dit saggies begin borrel. Haal af en hou eenkant.
  2. Klop die eiergele, suiker en sout tot lig en romerig. Voeg die suurlemoensap by.
  3. Gooi die roommengsel by die eiergele terwyl jy deurentyd klits. Gooi die mengsel terug in die kastrol.
  4. Kook stadig oor lae hitte terwyl jy deurentyd roer tot die vla verdik – dit moet die agterkant van ’n houtlepel bedek.
  5. Trek van die hitte af en hou eenkant tot heeltemal afgekoel. Sit vir 2 uur of tot koud in die yskas.
  6. Roer die chiasaad by en gooi in die bak van ’n roomysmasjien. Karring die roomys volgens die masjienaanwysings.
  7. Laat effens set voor jy die roomys tussen lagies wafels skep, of sit die wafels saam met die roomys voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Volgraanwafels

Genoeg vir 10 wafels

Ons het ’n stroopwafelpannetjie gebruik. andersins kan jy die koekies op bakpapier wat met kleefwerende kossproei gespuit is, in ’n voorverhitte oond by 180 °C bak. Haal uit die oond. Die wafeltjies sal bros word sodra dit afgekoel het.

  • 200 g speltmeel
  • 80 g tefmeel
  • 95 g suiker
  • knypie sout
  • 1 eier
  • 80 g sagte botter

  1. Meng die spelt, tef, suiker en sout in ’n mengbak.
  2. Voeg die eier en botter by en knie tot ’n deeg gevorm het.
  3. Weeg die deeg in 40 g bolletjies af.
  4. Spuit ’n stroopwafelpannetjie met kleefwerende kossproei en verhit oor hoë hitte.
  5. Sit ’n bolletjie deeg in die middel van die wafelpan en maak die pan toe. Bak vir 2 min. aan elke kant, of tot goudbruin in kleur.
  6. Lig uit die pannetjie en herhaal met die oorblywende deeg.
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

10 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

10 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

1 day Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

1 day Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

1 day Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.