1 Voorverhit die oond tot 160 ˚C. 2 Meng die chiasaad, klappermelk, vanielje en sout in ’n glasbak. 3 Laat vir minstens ’n uur of oornag staan.
Granola 1 Meng al die droë bestanddele in ’n mengbak. 2 Meng die klapperolie en heuning in ’n klein kastrol en verhit oor lae hitte tot net gesmelt. 3 Voeg die heuning-en-olie-mengsel by die saadmengsel en meng tot alles goed deurgemeng is. 4 Versprei die mengsel egalig op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. 5 Bak vir 15-20 min. tot goudkleurig. Haal uit, meng met ’n vurk en laat afkoel – die granola sal bros word namate dit afkoel. 6 Verdeel die chiamengsel tussen 4 bakkies. Sit ’n skyf papaja op elkeen. Bedek met grenadellapulp en breek die sesamsaad-granola bo-oor die pap.