Chenin kongres lok produsente van alle uithoeke

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die tweede Internasionale Chenin blanc kongres is onlangs op Stellenbosch gehou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soggens is aan praatjies gewy en smiddae kon almal na verskillende wingerde uitry vir praktiese studie-ervarings en met wynmakers oor hul Chenin-wingerde en -uitdagings gesels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die president van die Académie du Chenin en van die Internasionale Chenin kongres wat in 2019 in Angers, Frankryk gehou is, Evelyne de Pontbriand van Domaine du Closel en Ina Smith, bestuurder van die SA Chenin Blanc vereniging en organiseerder van die kongres op Stellenbosch.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die eerste kongres is in 2019 in Angers, Frankryk gehou en verskeie wynmakers, wingerdboukundiges en bemarkers van Suid-Afrika het dié kongres bygewoon.

Johan Burger van Fakulteit AgriWetenskappe, Departement Genetika by die Universiteit Stellenbosch (links) en Dr. Patrice This van die Universiteit Montpellier in Frankryk (regs) het oor die Chenin-kloonprojek: Die wat, hoekom en hoe om ’n wetenskaplike basis vir intravariëtale diversiteit te vestig, gesels en Patrick Baudouin (middel) het ’n wynmakersperspektief en insigte oor die toekoms van Chenin blanc in die konteks van genetiese vooruitgang gelewer.

Ken Forrester van Ken Forrester Vineyards wat deur baie as Suid-Afrika se Mnr. Chenin gereken word, is die voorsitter van die Chenin Blanc vereniging en het gesê die vereniging is baie opgewonde oor die vooruitsigte vir Chenin blanc. “Die kultivar het ’n lang pad gekom. Net 20 jaar gelede was dit ’n baie ander storie en nou is Chenin in die kollig en baie gewild – onder wynmakers én wyndrinkers.”

In die sessie, “Klimaatsverandering: Soek vir antwoorde”, het drie vroue gepraat: Prof. Stephanie Midgeley, Wetenskaplike: Klimaatsverandering en Risiko-evaluering by Departement van Landbou, Wes-Kaap, saam met Rosa Kruger (regs) Stigter van die Old Vine Project (OVP) en Tara Southey oor data-gedrewe besluitnemingsinstrumente: die Terraclim-geïntegreerde data-instrument wat op Chenin-scenario’s toegepas word.

Net minder as 60% van die wêreld se wingerde is onder Chenin in Suid-Afrika. In Frankryk word 63% van alle Chenin-produksie in sjampanje en vonkelwyn gebruik. In Frankryk is 10 500 hektaar onder Chenin en dis die 16de mees aangeplante druifvariëteit.

Die sowat 270 kongresgangers kon tussen praatjies ’n wye reeks Chenins van Australië, Indië, Frankryk en Suid-Afrika proe om die veelsydigheid van die kultivar eerstehands te ervaar.
Twee Franse Chenins uit die Loire-vallei wat te proe was, is die Domaine du Petit Clocher 2021 en die Chateau de Passavant Anjou Chenin Blanc Les Plantes.

Dis Suid-Afrika se mees aangeplante variëteit en bykans 53 % van die wêreldproduksie van Chenin blanc kom van hier. Frankryk is in die tweede plek met 28%, die Verenigde State met 9% en Argentinië 7% en Australië lewer slegs 2%.

Twee oesjare van die Franse Clos du Papillon Domaine des Baumard – 2004 en 2018 – is te proe aangebied.
Kongresgangers het ’n raar geleentheid gehad om ’n Indiese Chenin te proe, die The Source Reserve 2022 van Nashik Hills in Indië se bekende wingerdbou-streek.

Die heel eerste wingerde wat in Suid-Afrika deur Jan van Riebeeck laat plant is en die eerste wyn wat in 1659 gemaak is, was Chenin, wat toe as Steen bekend was. Dit het ook in Frankryk onder verskeie name bekend gestaan, waaronder Pineau de Loire, Pineau blanc en Pinot d’Anjou.

Chenin blanc se veelsydigheid is selfs in die wynproe ten toon gestel, want daar was soetwyne van Australië, stilwyne van Indië, Frankryk en Suid-Afrika en vonkelwyn van Suid-Afrika, soos hierdie Loose Cannon Cap Classique van Bosman Familiewingerde buite Wellington.

Lees ook: Heerlike aand van wyn en kos wag op jou

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

7 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

13 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

14 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

14 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

14 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

14 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.