kategorieë: Blogs

Chemo: my vyand en my vriend

Chemo maak snaakse dinge met mens se lyf. Dié het ek voor die tyd geweet. Daar skuil so bietjie wetenskaplike in hierdie misdaadfiksieskrywer en daarom hou ek die newe-effekte met ‘n berekenende oog dop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is die aardige smaak in mens se mond. Amper metaal, maar nie heeltemal nie. Die droë mond wat vra vir iets koel en soet – verkieslik nie water nie, dankie. Die naarheid wat voel soos oggendnaarheid vermenigvuldig met twee duisend. Die moegheid wat met niks vergelyk kan word nie. Chemo is nie vir sissies nie, vind ek uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek en Dante is veronderstel om twee maal per week te oefen aan die tango. Op Maandae en Donderdae ná werk jaag ek Northcliff toe om betyds te wees vir my dansles. Tydens die eerste dansles hou hy my hande vas en skuifel ons heen en weer op die maat van rumba-musiek. Hy gooi nie sy hande in die lug en verklaar die saak verlore nie en daarom voel ek redelik gemaklik dat ek voor die einde van September sal kan leer tango.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Chemo en danslesse is egter nie goeie pasmaats nie. My bene is lam na vyf minute op die dansvloer en ek sweet van die inspanning. Na ‘n halfuur se passies besef ek watse malperd ek opgesaal het. Gelukkig hou Dante my met ‘n valkoog dop.

Ons les is net dertig minute lank.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Op pad huis toe huil ek omdat ek so vrek moeg is. Ek haat dit om pateties te wees en hier is ek dit sowaar. Donderdag sal beter wees, neem ek my voor. Dit SAL beter wees.

Tien dae ná ‘n chemo-sessie is mens se immuunstelsel op sy swakste. Dit is die tyd waarop mens uiters versigtig moet wees om nie in die geselskap te wees van mense wat siek is nie. Vermy verkieslik groot groepe mense, word daar vir mens gesê. Klokslag tien dae ná chemo word ek siek. Asmatiese bronchitis. Dit is moeilik om asem te haal. Sodra die ritme van my asemhaling verander, hoes ek. Om te praat is uitdagend, aangesien dit die ritme van mens se asemhaling verander. Vir vier dae lank praat ek min en hoes ek baie. Ek is seker Jaun is bly oor die stilte. Die onkoloog skryf vir my ‘n antibiotikum voor en dit help vinnig om die bronchitis op te klaar. Vier dae later voel ek beter, maar my Donderdag-dansles bly in die slag. Ek moet kies: óf ek gaan oefen en word sieker, óf ek boet ‘n dansles in en herstel genoegsaam om Maandag te gaan oefen. Dante raas nie met my toe ek kanselleer nie. Word eers gesond, maan hy my.

Die werk bly ook uitdagend genoeg om my uit die kwaad te hou. Ek werk aan ‘n groot, veeleisende projek en tussen die werk, danslesse en skryf aan my derde boek is ek te besig om aan kanker en chemo te dink. Ek word steeds soms wakker met die gedagte dat dit alles net ‘n droom was, maar die werklikheid is nie meer ontstellend nie. Dis die kaarte wat aan my uitgedeel is en ek weet dat daar ‘n goeie rede is waarom dit met my gebeur het.

Die dansles op Maandag is interessant. In die middel van die oefening kry ek te warm om vir een oomblik langer die pruik op my kop te verduur. Ek gaan staan stokstil in die middel van die dansvloer en haal my pruik af. Die stilte daal oor die studio neer toe ek met my hare in my hand na die tafel toe stap waar my handsak staan. Ek sit die pruik netjies langs die handsak neer, maar dit lyk nog steeds soos ‘n dooie muishond wat daar lê. Die ander studente staar. Wel, sommiges staar en ander probeer om nie te staar nie, maar dit is duidelik ‘n verlore stryd. Ek glimlag vir hulle en sommiges glimlag terug bo-oor geskokte oë. Ek kry selfs ‘n duim wat in die lug gegooi word van een van die ander studente.

Laat daar nie gesê word kanker is sonder sy snaakse oomblikke nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

6 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

36 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.