kategorieë: Wenke

Chemiese afskilfering: Wat jy moet weet

Vraag
Ek is in my vyftigerjare en wil graag meer weet oor die behandeling waar die salon jou gesig met suur bedek en dan dop die vel af (afskilfering). Is dit gesond en veilig? Hoe lank duur die afskilfering? Wat presies doen hierdie tegniek eintlik aan jou vel?
– Riekie van Zyl

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Antwoord
Daar is soveel verskillende suurbehandelings op die mark. Dit is belangrik dat daar altyd ’n dokter op die perseel moet wees waar jy die behandeling laat doen. Maak ook seker dat die persoon wat dit doen die nodige kwalifikasies het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Suurbehandeling verbeter vel-abnormaliteite soos hiperpigmentasie, rosacea, aknee, ’n droë en baie beskadigde of verouderde vel. Die konsep agter afskilfering (peel) is om chemiese agente te gebruik wat die vel wond. Hierdie beheerde wond kan in die boonste of in die dieper lagie van die vel plaasvind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Afskilfering wond basies die vel en gee dit dan kans om nuwe, jonger vel in die wondgenesingsproses te genereer. Indien jy vlekkies of pigmentasie wil verwyder, of dalk net lyntjies wil versag, is dit ’n baie goeie aanbeveling. Maak net seker dat ’n deeglike vel-analise gedoen word, dat jou vel vooraf met die regte produkte behandel word om jou vel gereed te maak vir die intensiewe behandeling, en volg altyd die nasorgaanbevelings by die huis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

23 minutes Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

16 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.