#rrSkoonheid: Saam salon toe vir ’n chemiese afskilfering en mikronaald-behandeling deur Suzanne Kotzé. Hooffoto en video: Corné Greeff
Vandat ek vir ’n gereelde chemiese afskilfering (chemical peels) en mikro-naaldering gaan (microneedling), is die tekstuur van my vel baie fyner, my vel lyk meer glansend en my hidrasie is ook baie beter. Gewoonlik hoor ek dadelik ‘jou vel is so gedihdreerd’ as ek vir ’n gesigbehandeling gaan, maar nie meer nie!
Omdat ek gereeld vir chemiese afskilfering probeer gaan, skilfer my vel ook nie meer so erg af na die behandelings nie.
Kyk ook wat is nuut in die skoonheidskantoor! Klik hier
Kyk hier na die video:
Suzanne se wenke vir chemiese afskilferings en mikronaald-behandelings
Moenie afsprake maak ná so ’n behandeling nie. Ek het die aand ná die behandeling saam met vriende gaan eet en my gesig was bloedrooi.
Die goeie nuus is die rooiheid was teen die volgende oggend weg.
As jou vel nog rooi is, en jy moet uitgaan, is ’n groen voorbereidingslagie (wat jy voor jou onderlaag aansmeer) ’n goeie oplossing. Regtig! Ek moes al tevore ’n bloedrooi gesig wegtoor en dit het baie goed gewerk.
Die afskilfering begin gewoonlik ’n paar dae ná die behandeling. Met ’n vorige behandeling het ek my seuntjie by die kleuterskool gaan haal, en nadat ek met die ma’s in die gang geklets het (en niemand iets gesê het nie), vra ’n dogtertjie of my vel baie droog is. Ek kon nie verstaan wat sy bedoel nie, tot ek in my motorspieëltjie kyk en sien daar hang ’n groot stuk vel onder my ken! Moet die behandeling maar liefs nie voor ’n groot geleentheid laat doen nie.
Lees ook: Suzanne vertel ons oor haar ergste skoonheidsflaters!
So lyk dit ná die chemiese afskilfering en mikronaald-behandeling:
Direk ná die behandeling
Met ‘n groen kleurkorrigeerder
Met grimering
Biomedical Emporium Vir afsprake skakel 012 8092856 of stuur ’n e-pos aan: [email protected]