Ons goue meisie, Charlize Theron, het asems laat snak met haar Christian Dior-skepping by gistreaand se Oscars. Sy het met ’n kort en wulpse haarstyl by die rooitapyt opgedaag wat haar mooi gelaatstrekke perfek beklemtoon. Volgens Charlize is haar nuwe kapsel baie verfrissend en gebruik sy glo baie minder haarprodukte as voorheen. Charlize moes haar hare afsny vir haar nuwe rol in Mad Max: Fury Road.
OSCAR 2013 TOEKENNINGS
En die wenners is…
Argo – Beste Rolprent
Daniel Day-Lewis – Beste Akteur (Lincoln)
Jennifer Lawrence – Beste Aktrise (Silver Linings Playbook)
Christoph Waltz – Beste Ondersteunende Akteur (Django Unchained)
Anne Hathaway – Beste Ondersteunende Aktrise (Les Misèrables)
Searching for a Sugar Man – Beste dokumentêre rolprent
Ang Lee, Life of Pi – Beste regisseur