Trevor Noah en Charlize Theron het saam met Chelsea Handler in Kaapstad bymekaargekom om uitreikwerk te doen vir Charlize se projek, die Charlize Theron Africa Outreach Project (CTAOP), wat fokus op MIV/VIGS-bewusmaking onder Suid-Afrikaanse (en suidelike Afrikaanse) jongmense.
Trevor Noah (wat tans in Suid-Afrika is vir sy vertoning, There’s a Gupta On My Stoep) het vanoggend foto’s en video’s op sosiale media gedeel waar hulle besoek aflê aan Oaklands High School in Lansdowne saam met Life Choices, ’n nie-winsgewende organisasie wat ook fokus op MIV/VIGS-bewusmaking onder jongmense in die Kaap.
https://www.instagram.com/p/BXxRwW4jcX8/?hl=en&taken-by=trevornoah
Hulle het ook ’n kreet gesing wat Noah die “African Haka” noem.
https://www.instagram.com/p/BXxQInBDQIj/?hl=en&taken-by=trevornoah
Hulle sal albei ’n ruk lank in Kaapstad wees: Noah vir optredes en Theron vir besoeke.
Kyk ook in die September-uitgawe van rooi rose (van vandag af op die rakke) waar ons met Charlize, ons voorbladgesig, gesels.