Ek dink Henriëtta het die ervaring vir my so maklik gemaak. Sy is ’n baie goeie regisseur en weet presies wat nodig is en wat sy wil hê. Ek hou daarvan om te weet of dit wat ek doen reg of verkeerd is. Dit was ’n heerlike ervaring. Ek stel beslis meer belang in stemwerk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Almal wat my ken weet hoe gek ek oor kinderfilms is. Ek kyk elke nuwe kinderfilm en ken meeste kinder TV-programme. Ek gaan nog eendag ’n kinderfilm maak. Dis op my lysie om te doen. Kinders is die mees opregte gehoor en hul gejuig en emosies is baie naby aan my hart.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die lewe beïnvloed mens se daaglikse planne. Ek dink Heidi het my meer as persoon beïnvloed om te glo dat ek ander dinge uit my gemaksone moet probeer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Genade! Ek was seker die grootste aanhanger in Sannieshof! Ek dink Heidi is die rede dat ek so lief vir kaas is! Veral as sy en Oupa die kaas so gesmelt het.
Ek het my stem goed opgewarm en oefeninge gedoen maar ek het groot geword met Heidi en Klara. Ek het hul storie geleef van kleintyd af en geglo ek is in die berge met die bokkies.
Ek dink dit het steeds al die elemente van die oorspronklike storie. Die nostalgie van my generasie, maar die onskuld van kinders wat selfs nog vandag met die karakters se vriendskappe kan vereenselwig. Dis ’n ongelooflike storie oor liefde en vriendskap wat nooit uit die mode sal gaan nie.
Ek het dit geniet om die “slurp” geluide te maak en ek moes ook vreeslik lag.
Ek is vanjaar by die Silwerskermfees waar ek in ’n kortfilm speel en ook ’n dokumentêr se regie behartig. Ek was hierdie jaar meer agter die skerm as voor.
Die volgende groot projek is ’n film met die naam “Kamphoer” gebaseer op die boek. Dit word vervaardig deur Niel van Deventer en ons produksiemaatskappy, Palama Produkies. Dit sal volgende jaar begin verfilm.
*Heidi word op 2 September, landswyd in teaters vrygestel.
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Hierdie webwerf gebruik koekies.