Die Celler2Celler-wedloop en Wyn-ervaring is beslis nie iets wat gemis moet word nie! Dié wedloop vat die beste Stellenbosch-wyne, natuurskoon en atletiek in een geleentheid saam.
Deelnemers het die keuse tussen ’n 12- en 20km wedloop, asook ’n 12km “flower-power” wyn-ervaring waartydens die beste manlike en vroulike deelnemers liters wyn kan wen! So ook kan deelnemers uitsien na wynparings by onder meer, Blaauwklippen, Waterford en Stellenrust, asook ’n kaas-proe by Fairview.
Wanneer: 3 September
Waar: Stellenbosch