kategorieë: Ons menseBekendes

Celeste Loots se karakter kom maak moles in ‘Suidooster’

Celeste Loots, wat vir haarself naam gemaak het in die Showmax-reekse Trompoppie en Wyfie, het nou haar sepie-debuut in Suidooster as Hanli Spies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wanneer Hanli in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar dié kykNET-sepie afspeel, opdaag, word Riaan (Daniel Coetzee) deur ’n groot geheim uit sy verlede gekonfronteer. Dié spanningsvolle storielyn gaan ook druk op Riaan se verhouding met Bianca Fourie (Simone Biscombe) plaas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Celeste vertel meer.

Wat kom soek Hanli in Ruiterbosch?

Hanli kom soek ’n bietjie moeilikheid. Sy is iemand uit Riaan se verlede, iemand wat nog nie eintlik reg is om die verlede te laat gaan nie . . .

Lees ook: ‘Suidooster’: Kyk uit vir dié sewe kinkels in Desember

Hoe sal jy vir Hanli beskryf?

Hanli het ’n baie avontuurlustige manier van lewe. Sy is kleurvol, stylvol en suksesvol in haar beroep. Sy is altyd op soek na opwinding en al is haar intensies goed, is haar lus vir die lewe soms haar ondergang. Hanli het baie liefde om te gee en as gevolg daarvan, sukkel sy om eerlik te wees.

Wat het jou rolle in Trompoppie en Wyfie vir jou loopbaan beteken?

Trompoppie en Wyfie het ongelooflik baie vir my beteken op so baie maniere. Dit was ’n groot eer om te kon deel wees van ’n nuwe era van Afrikaanse storievertelling. Op ’n persoonlike vlak het ek verskriklik baie gegroei en geleer as aktrise. Wanneer ek ’n rol vertolk, dra ek die karakter baie na aan my hart.

Zanne (Trompoppie) en Amanda (Wyfie) is in baie opsigte twee teenoorgestelde karakters. Daarom was dit ’n wonderlike geleentheid om as aktrise vorm te gee aan sulke uiteenlopende karakters. Dis twee reekse wat my baie opgewonde laat voel oor die toekoms van ons Afrikaanse industrie. Ek knyp myself nog steeds om te besef ek was deel van hierdie twee spesiale projekte.

Lees ook: Cintaine Schutte oor haar rol in ‘Wyfie’:”Mense moet gesprekke hê oor hierdie goed”

Wat maak die ervaring van om in ’n sepie soos Suidooster te speel anders as Wyfie, wat ook ’n veeleisende skedule gehad het?

Beide Suidooster en Wyfie se skedules is baie intens. Daar is oomblikke dat jy voel asof jou lewe die projek raak, wat op verskeie vlakke ’n pragtige deel van die proses is.

Wyfie het gewerk met single camera, wat basies beteken daar is een kamera en die kamera volg jou soos wat jy besluit om te beweeg. Natuurlik is daar ook blocking wat gebeur voor die toneel geskiet word, maar as akteur het jy die vryheid om te kan speel op daardie manier tydens die toneel. Die tempo van skiet is stadiger. Suidooster, aan die ander kant, is multi camera wat beteken daar is drie kameras wat op ’n sekere tyd in ’n toneel op ’n spesifieke plek gaan wees.

Die medium van sepies is baie tegnies en dit skiet baie vinnig. Dit was vir my ’n baie lekker uitdaging om meer oor hierdie medium te leer waar jy as akteur jou vryheid vind buite jou fisiese posisie in die toneel.

Hoekom dink jy moet mense Suidooster kyk?

Suidooster is ’n storie vir almal. Dis een van die min dinge wat ’n hele familie saam kan kyk en geniet. Die storie nooi kykers uit om deel te word van ’n wêreld waar hulle saam met karakters kan leer, foute maak, lag en huil.

Ek dink ook dis ’n baie spesiale sepie omdat die mense wat dit skep ’n passie het vir stories vertel. Daar is ’n familieband tussen die skrywers, vervaardigers, cast en crew wat kykers deur hul TV-skerms kan aanvoel.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Lees ook: Frank Opperman oor Pa Lourens en ‘Nêrens, Noord-Kaap’: “Nie een akteur was daar vir hulself nie”

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Sygladde semolinapap met roos-en-framboos-pere

Hierdie pap kan ook poeding wees dis sooo lekker!

2 days Gelede

Garnaalkelkie

Genoeg vir 6. Bestanddele   Sous 180 ml (¾ k) goeie mayonnaise 30 ml (2…

2 days Gelede

“Kokkedoor Vuur & Vlam” is terug: Ontmoet die deelnemers!

Dié kosreeks, wat in die Overbergse stranddorp Struisbaai verfilm is, begin Donderdag 6 Februarie om…

2 days Gelede

Ses vrae vir Je-Ani Swiegelaar, die geliefde Naomi Koster in ‘Binnelanders’

Foto’s: Christoph Hoffmann.   Suster Naomi Koster is een van die gewildste karakters in Binnelanders.…

2 days Gelede

Alles wat jy van dehidrasie moet weet

Ligte tot matige dehidrasie is in ’n warm land soos Suid-Afrika eintlik baie algemeen, sê…

2 days Gelede

Beplan ’n wynproe

Begin deur ’n tema te kies. Vir ’n vertikale proe hou jy by dieselfde wyn,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.