kategorieë: Bekendes

Celeste Barber: Instagram-ster en internasionale sensasie!

Celeste Barber: Instagram-ster en internasionale sensasie! – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Instagram: @celestebarber

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die gewilde sosiale media-platform, Instagram, het al soveel male aan ons bewys presies hoe wild en vreemd dit werklik kan wees… Híér kry jy iets van alles – van bekendes se vreemde portrette en modelle se waaghalsige fotosessies tot influencers se wilde video’s en interessante lewensraad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

En dis hoeka een van dié influencers wat ons aandag getrek het. Celeste Barber, ma van vier, skrywer, komediant en Instagram-ster, het die internet behoorlik aan die gons met haar snaakse #CelesteChallengeAccepted-reeks. Celeste het in 2015 dié reeks begin en het byna oornag ’n internasionale sensasie geword – en gebly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Celeste plaas sy-aan-sy foto’s van haarself (en soms van haar man) langs die bisarre beelde van bekende persoonlikhede en modelle. Sy wys vir jou presies hoe vreemd bekendes dikwels kán wees! Háár weergawes van bekendes se foto’s is altyd ’n treffer, gevul met realisme en ’n goeie sin vir humor.

In ’n artikel met My Modern Met vertel Celeste dat sy die #CelesteChallengeAccepted begin het as ’n “pret eksperiment om te sien hoe dit sal lyk as ’n gemiddelde persoon haarself afneem terwyl sy rykmens-dinge doen”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dié konsep lewer egter skreeusnaakse resultate wat die absurditeit van die oorspronklike foto versterk. Niemand spring die #CelesteChallengeAccepted vry nie, en niks is vir Celeste buite perke nie. Kyk ’n mens na haar Instagram-profiel sien ’n mens gereeld bekendes soos Justin Bieber, Gigi Hadid, Kim Kardashian, Beyónce en Jennifer Lopez waarmee die spot gedryf word.

Haar foto-herskeppings het die bewondering van duisende aanhangers regoor die wêreld verwerf – insluitend die bekende persoonlikhede wat sy dikwels parodieer. Ashton Kutcher en Cindy Crawford beskryf hulself as groot fans, en die Kardashians sal Celeste se foto’s op hulle sosiale media deel.

Daar is selfs modelle wat spesiaal vreemde foto’s neem net sodat Celeste hulle foto’s kan parodieer!

Maar Celeste is meer as net haar snaakse foto’s en goeie sin vir humor. Sy is ’n opgeleide aktrise wat al vir meer as ’n dekade lank in televisiebedryf (agter die skerms en voor die kamera) werk. Sy was vir die eerste keer op die skerm te sien in die Australiese hospitaal-drama All Saints, het verskyn in Home & Away en die komedie-reeks How Not To Behave.

Sy het ook al stand-up comedy gedoen en het in September 2018 haar boek, Challenge Accepted!: 253 Steps to Becoming an Anti-It Girl, vrygestel.

Celeste neem haar rol as vermaakkunstenaar baie ernstig op, en al haar harde werk word beslis raakgesien – sy het onlangs die WhoHaha-toekenning vir die Snaakste Vrou op Instagram gewen, waarvan vorige wenners Amy Schumer en Melissa McCarthy insluit.

Sy het ook in Oktober verlede jaar in die ABC TV/Netflix-komedie The Letdown verksyn. Na afloop van uitverkoopte vertonings in Sydney, het Celeste besluit om ook in 2018 met haar stand-up vertoning Australië en Europa te toer.

Gewilde internasionale tydskrifte soos Vogue en Marie Claire het ook al onderhoude met haar gevoer en Celeste was selfs in Februarie vanjaar op Instyle Australië se voorblad.

Vandag spog Celeste met meer as 5.5 miljoen volgelinge op Instagram en duisende getroue aanhangers van haar werk.

Volg gerus vir Celeste Barber op sosiale media: Instagram, facebook en twitter

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.