kategorieë: TrendsMode

Ons gesels met Cathryn Wills van Mimco

Wat is die motivering agter jou kreatiwe passie en hoe het dit gelei tot jou betrokkenheid by Mimco?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nuuskierigheid, konnektiwiteit en openhartigheid is kern eienskappe tot kreatiwiteit en sukses. Kuns, films, musiek en inspirasie in die strate van Melbourne, asook verskeie stede oor die wêreld lê na aan my hart. Individue se benadering tot styl hou my geïnteresseerd en op die hoogte van alle moontlikhede in ontwerp. My agtergrond voor Mimco was meestal in kleredrag met gebreide items as hooffokus. Met gebreide en geweefde items word die materiaal saam met die item ontwerp en opgebou. Ek vind die dinamika sinoniem met die ontwerp van bykomstighede. Pragtige rou materiale word gekombineer om werkbare items te vervaardig – of dit nou handsakke, skoene of juweliersware is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is die inspirasie agter die Lente/Somer-2014 Mimco RoXstar Earthgazer-versameling?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die kern inspirasie is ’n vreemde wese van die buitenste ruim genaamd X. Sy reis oor verskeie kontinente – van Venesië to Tokyo na Kalifornië – en bring futuristiese, minimalistiese styl terug in verskeie gedaantes. Romantiese elemente van Venesië tot Kabuki-mal inspirasie vanuit Oosterse lande.

Wat is jou gunsteling item in die versameling?

Die item waaruit ek die meeste waarde put en gereeld dra, is die Newton sportiewe-sandaal – ideaal vir die warmer maande. Die mengsel van materiale en ogie-detail veseker dat die item nie soos slenterdrag voorkom nie. Dit verskaf ’n tikkie glans by jou uitrusting. Die sponsagtige plat voetsool bied ’n gemaklike loopoppervlak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is die moet-hê basiese items in jou klerekas en hoe dra jy bykomstighede daarby?

Perfek gevormde snyersbroeke, mansstyl denims en noupyp jeans is my gunsteling items vir my onderllyf. Ek belê in spesiale bostukke, baadjies en skouermantels wat veelsydig is en my goed laat voel. Bykomstighede begin met die korrekte skoenkeuse. Bo-aan my lys is hofskoene. Daarna kies ek hope ringe en versierings vir my gewrigte, ’n horlosie asook onpaar mini oorbelle om die uitrusting af te rond. Ek roteer my handsak dan en wan of meer gereeld as ek geïnspireer is. Ek is geneig om ’n oorgroot handsak vir werk te gebruik en ’n klein skouersak vir daaglikse benodighede.

As jy 24uur het om die Kaap te ontdek, waarmee sal jy jouself besig hou en watter plekke sal jy besoek?

Ek was al vier keer in die Kaap. Met elke geleentheid was ek te besig om veel te ervaar. As ek 24uur tot my beskikking het, sal ek… Tafelberg klim, Stellenbosch se wyn en fynproewer-kos proe en dan die hele span vra om my vir die aand uit te neem vir ’n opwindende partytjie!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is

Deur Maretha Botes   Dewitt Jones het 20 jaar lank foto’s vir  National Geographic geneem.…

17 hours Gelede

Nuwe gesig in ‘Skemergrond’: ‘Kirby bring baie pret én hartseer saam met haar’

Chanté Grainger, die talentvolle aktrise wat bekend is vir haar rolle in, onder meer, Arendsvlei, Suidooster en Summertide, maak…

17 hours Gelede

10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

  ‘Ek is ’n skrywer’ Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome…

4 days Gelede

Bloubessie-en-jogurt-yslollies

Wat is lekkerder as ’n yskoue yslollie op ’n warm somersdag? Probeer ons lekker resep…

4 days Gelede

Tamatietert

Hierdie is my vriendin Anita se smullekker resep. Genoeg vir vier.

4 days Gelede

Oosterse waatlemoenslaai

Wat is somer sonder slaai? Hierdie Oosterse waatlemoenslaai sal jou mond behoorlik laat water. Resep…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.