kategorieë: Nuut & NouKos

Catharina’s bring eietydse erfenis na die tafel

Sjef Archie skep ’n koservaring wat die sintuie aanwakker en die lewenslustigheid van die vurige Catharina Ras vasvang. Só bring hy hulde aan Steenberg se 17de eeuse stigter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die spyskaart by Catharina’s, die fynproewerrestuarant op Steenberg in Constantia, is ’n mengelmoes van vars inheemse bestanddele wat Catharina self sou vang, aanplant en voorberei. Deur grepies van Catharina se opwindende lewe te deel met ’n sensoriese fynproewerstorie, beeld Sjef Archie sy eietydse erfenis-kos uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Catharina was die avontuurlustige een en ek moet háár skoene volstaan,” is hoe Sjef Archie sy nuwe rol as Uitvoerende Sjef by Catharina’s beskryf. “Die plaas Steenberg het ’n ryk en kleurvolle geskiedenis en ons probeer om hierdie erfenis en die avontuurlustigheid van Catharina Ras se lewe hier in ons restaurant te verwesenlik. Dit is die kern van ons eietydse erfenis-kosfilosofie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So reg uit Catharina se gewaagde resepteboek bedien Archie eietydse trooskos, eenvoudig voorberei uit hope vars produkte en stylvol voorgesit. Catharina’s omhels die verlede, maar bly steeds op hoogte met die hede met ’n vars en innoverende houding. Die spyskaart draai om eenvoud, waar bestanddele van die hoogste kwaliteit die kollig steel.

“Toe ek bietjie gaan delf in Catharina Ras se lewe, het ek geweet ek moet bestanddele insluit wat sy aan tafel sou hê,” sê Sjef Archie, wie se spyskaart deurtrek is met ongewone kosskatte wat nie sommer oral gevind kan word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As ’n gesoute jagter van seekoei en leeu, sou vlakvark, krokodil en sebra, bedien met inheemse veldkos, destyds hul gereelde verskyning gemaak het aan Catharina se tafel.

Deur met van hierdie ongewone bestanddele te werk, het Sjef Archie met sy eie ontdekkingsreis begin. Die uiteinde is ’n ware fynproewer-avontuur by Catharina’s met geurige kos, voorberei uit inheemse bestandele soos chakalaka, mieliemeel en suurvye.

“Ons wil mense uit hul gemaksones neem deur iets nuuts te probeer wanneer hulle by ons kom eet. Ons gaste moet hier weggaan in verwondering van hul onvergeetlike eetervaring,”  verduidelik Sjef Archie.

Sjef Archie Maclean

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Fluit-fluit, dié deelnemers se storie is uit…

In vandeesweek se episode het glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha met nog ’n…

6 hours Gelede

Bruintjie-kolwyntjies

Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer

15 hours Gelede

Twee karakters, een aktrise: Sandi Schultz se mees uitdagende rol tot nou toe

Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…

1 day Gelede

Romerige hoenderlasagne

Deur Vickie de Beer. Foto deur CRPhotographic

2 days Gelede

Rob Hersov op ‘Laataand by Rian’: “Raak van sosialistiese- en rasgedrewe wetgewing ontslae”

Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…

2 days Gelede

Schané Fouché: Skoonheid wat straal

Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet           Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.