kategorieë: Ons menseBekendes

Caster Semenya breek SA 1000 m-rekord

Deur Catherine Schenck. Foto

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Caster Semenya het op Donderdag, 8 Maart 2018 weer nuwe hoogtes bereik. Sy het deelgeneem aan die Athletix Grand Prix-atletiekkampioenskappe wat by die Universiteit van Pretoria gehuisves is. In die 1 000 m-wedloop vir vroue het sy nie net eerste plek behaal nie, maar ook sommer die Suid-Afrikaanse rekord hiervoor gebreek. Die vorige rekord is gehou deur Ilze de Kock Wicksell, wat die item in 1983 met ’n tyd van 2:37:00 gehardloop het. Caster het hierdie rekord met haar tyd van 2:35:43 gebreek, meer as een en ’n kwart sekonde vinniger as de Kock Wicksell. In die tweede en derde plekke was die Ugandese atlete, Halimah Nakaayi met 2:37:55 en Winnie Nanyondo met 2:37:98, kort op mekaar se hakke. Die wedloop se pas is aangegee deur die 400 m-hekkiesatleet, Wenda Nel. Na afloop van die wedloop het Semenya genoem dat sy gevoel het die wedloop het te vinnig begin. Sy het egter ook genoem dat sy baie bly was oor die sukses wat sy behaal het en dat die feit dat sy ’n nuwe nasionale rekord gebreek het hierdie ervaring regverdig, en dat sy in haar skik is met die afloop van gebeure.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Verskeie ander Suid-Afrikaanse atlete het ook baie goed gevaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika se eie Anaso Jobodwana het die 100 m-atleet Justin Gatlin uitgestof in die mans se 150 m-naelloop. Jobodwana se tyd was 15:08, met Roscoe Engel wat tweede plek ingeneem het met 15:17 en Luxolo Adams in die derde plek met 15.18. Gatlin moes gelukkig wees met vierde plek met ’n tyd van 15:23. Jobodwana het die afgelope twee jaar met ’n besering gesukkel en hierdie was dus ’n belowende terugkeer. Verder het hy die vorige dag pa geword!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

In die mans 100 m-naelloop het Akani Simbine as die wenner weggehardloop met ’n tyd van 10:05. Clarence Munyai het tweede plek behaal met ’n heelwat stadiger 10:22 en Simon Magakwe in derde plek met 10:22.

Ruswahl Samaai het die mans hoogspring gewen met 8.24 m – ver bo die atlete wat tweede en derde plekke behaal het. Cheswill Johnson is in die tweede plek met 7.79 m en Zarck Visser was derde met 7.78 m.

Wenda Nel het die vroue 400 m-hekkies gewen met ’n tyd van 55:31. Hoërskoolleerder Zeney van der Walt was tweede met 56:29 en Jean-Marie Senekal het in die derde plek geëindig met 58:04.

Vir die volledige lys wenners en items klik hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

1 hour Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.