kategorieë: Ons menseBekendes

Carike Keuzenkamp: soos goeie wyn

Dit is byna onmoontlik om te glo dat die mooi vrou met die fletsblou oë die volk reeds twee en veertig jaar lank vermaak. Maar vandag is Carike Keuzenkamp net die ouma van die twee knapies van haar oudste dogter, Carla. Carike, opmerklik skraler as tevore, lyk gemaklik in haar denim en is ’n natuurlike entertainer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As Carike oor haar koppie loer, is daar buiten ’n paar kraaispoortjies niks wat haar 62 jaar verklap nie. “Mense komplimenteer my soms oor my voorkoms, ja,” lag sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Nee, ek het nog nooit enige kosmetiese chirurgie gehad nie, nie eens rekonstruksie ná my siekte nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oor die grootmaak van haar drie kinders het Carike geen berou nie. “Al was ek nie ’n baie streng ma nie, was daar vir seker reëls. Hulle het baie vryheid gehad om hul eie keuses uit te leef. Ek was, en is steeds baie betrokke by my kinders. Ek was een van die ma’s wat jy gereeld in die snoepie sou aantref! Dit was goeie tye en ek wou niks misloop nie. Werner het my selfs later saamgesleep klubs toe om na die nuwe
musiekgroepe te luister.

“Met die geboorte van my eerste kleinkind het ek besluit om my vroeëre kinder-musiek weer op te neem. Die musiek het ’n nuwe, vars klank gehad en die gewildheid daarvan het my stoutste verwagtinge oortref. My Carike in Kinderland-CD het ’n reeks geword en trek nou al by nommer vyf!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Maar ek het nogtans ’n behoefte gehad om so ’n ietsie ekstra aan die Kinderland-reeks te gee, en dit het tot die ‘geboorte’ van Ghoempie, my DVD-karaktertjie gelei.”

Ghoempie was saam met Carike in Kinderland en gou-gou was hy ’n gunstelingkarakter onder haar Kinderland-aanhangers. Nog DVD’s het gevolg en die sesde Carike en Ghoempie in Kinderland-DVD word in September uitgereik.

Maar saam met die goeie in haar lewe het daar ook ’n slegte tyd gekom toe borskanker sowat vyftien jaar gelede by haar gediagnoseer is. Carike het gereeld mammogramme en borssonars gehad, maar alles was oënskynlik normaal.

“Die dokters het my verseker dat ek slegs digte borsweefsel het, maar ek het my instink gevolg en weer daarna laat kyk. Die sonar het niks verklap nie en die dokter het op ’n biopsie besluit. Hulle het ’n kwaadaardige gewas gekry en onmiddellik ’n mastektomie gedoen. Van die limfkliere is ook verwyder.

“Ek onthou die skok toe ek wakker word en besef dat ek my bors verloor het. Tog was daar goeie nuus. Die kanker het nie na die limfkliere versprei nie,” vertel sy. “Ek is ’n baie positiewe mens en het dadelik vrede in my hart gekry.”

Carike glo haar vinnige herstel is te danke aan haar positiewe ingesteldheid. Selfs die chemoterapie het haar nie so erg geaffekteer nie. “Ek het nog so baie gehad om voor dankbaar te wees. Ek het ’n liefdevolle netwerk tuis gehad, en my familie en vriende was ongelooflik.”

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

12 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

12 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

13 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

13 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

16 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.