1 Kook die zucchini vir 30 sek. in ’n kastrol vol gesoute water. Dreineer en sit eenkant. 2 Verhit die botter in ’n groot pan oor matige hitte en braai die spek daarin tot bros. Haal uit en hou eenkant. 3 Klits die room, eiers en kaas saam. Verlaag die hitte en gooi die mengsel in die pan. Geur met sout en swartpeper. 4 Roer deurentyd tot die sous verdik. Gooi die zucchini by die eiermengsel en laat deurwarm word. 5 Krummel die spek oor en strooi pietersielie oor.