Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
125 ml (½ k) dubbeldik- Griekse jogurt
1 knoffelhuisie, fyn gekap
gerasperde skil van 1 suurlemoen
’n knypie sout (Maldon as jy het)
250 g mozzarella-balletjies (bocconcini)
500 g stadig geroosterde tamaties
’n groot hand vol basiliekruidblare
olyfolie om oor te sprinkle
Instructions
1 Meng die jogurt, knoffel, suurlemoenskil en sout en laat lê die mozzarella-balletjies daarin. 2 Pak die tamaties op ’n mooi bord uit. Skep die romerige balletjies bo-op en tussen die tamaties (breek hulle met jou vingers). 3 Breek die basiliekruidblare bo-oor en sprinkel olyfolie oor. Sit voor.