Die Suid-Afrikaanse supermodel Candice Swanepoel, 27, gaan eersdaags die mamma van ’n seuntjie word! Ons het by haar eksklusiewe babatee in Brasilië gaan inloer.
Partytjiebeplanner Mariana Paraiso het ’n paar fotos op Instagram gedeel wat wys die superlyf-Mamma van Victoria’s Secret het haar Suid-Afrikaanse wortels met ’n oulike safari-babatema getoon.
Die media raai lankal oor die naam wat Candice vir haar seuntjie gaan kies en dit lyk of hy dalk Anacã gaan heet. Dit is die naam wat by die babatee agter die hooftafel gepryk het … Anacã is ’n voël van die Amasone.
Pastel-skakerings
Vir die dekor is smaakvolle pastelle van blou saam met oulike opgestopte diere-speelgoed en wit ballonne gebruik.
Die kos
Koekies met ’n diere-tema, koek-lolliepops en kolwyntjies is bedien. Die hoof aantrekkingskrag was die blou dubbellaag-koek met versiersuiker van apies en kameelperde.
Pragtige geskenke
Gaste het elkeen ’n geskenksakkie met ’n dieretema en kolwyntjieboksie gekry.