kategorieë: Ons menseBekendes

Candice Swanepoel oor moederskap

Candice Swanepoel het op ’n bees- en melkplaas naby Mooirivier in KwaZulu-Natal grootgeword.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Van my mooiste kindertyd-herinneringe is hoe ek en my boetie op ons plaas gespeel en in die bos en tuin geleef en gedroom het. Ons was blootgestel aan soveel verskillende diere, insekte en plante.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy verlang ook na die safari’s en haar familie, biltong en die sonsondergange.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek hoop my seuntjie het ook die kans om die natuur, unieke skoonheid en ryk kulture van Afrika te ervaar.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die bekende model se besonderse skoonheid is op ’n vlooimark, van alle plekke, “ontdek”. Sy was toe 15 en ’n leerling aan die meisieskool St. Anne’s College.

Op 16 het sy meer en meer modelwerk in Europa begin doen en ná twee jaar is sy New York toe waar die bekende onderklere-vervaardiger, Victoria’s Secret, haar opgeraap het en sy ’n Victoria’s Secret Angel geword het.

“Ek sal altyd dankbaar bly teenoor almal wat my talent raakgesien het. En sonder my ouers en die waardes wat ek by dié lojale en ondersteunende mense geleer het, sou ek nie wees wie ek is nie. Ek voel meestal wanneer ek wakker word steeds soos die 15-jarige Suid-Afrikaanse meisie-van-die-plaas.”

Candice praat vlot Afrikaans, Engels en Portugees. Haar verloofde, die Brasiliaanse model Hermann Nicoli, het haar leer Portugees praat. Hul seuntjie is onlangs gebore.

Oor moederskap

“Ek droom al ’n paar jaar lank oor dié fase van my lewe. Ek sien uit om die wêreld deur splinternuwe oë te sien, en om my lewe, liefde en alles wat ek al geleer het, met my seun te deel. Ek sien uit om hom te wys hoe mooi die wêreld is. Ons sal Engels en Portugees met hom praat. My ouers, Willem en Eileen Swanepoel, is in ekstase oor hul eerste kleinkind, en kan nie wag om hom te ontmoet nie.”

Oor parfuum

Candice is die gesig van Givenchy Dahlia Divin Le Nectar.

“My lekkerste geurherinnering is wanneer my ma haar vir deftige aandetes en partytjies reggemaak het. Ek het graag gesit en kyk hoe sy eers haar grimering aanwend en dan haar parfuum. Die geur het in die huis by draal lank nadat sy uit is, en dit het my altyd veilig laat voel.

“Ek hou van ’n blommerige fyngeur wat nie te soet is nie. Jasmyn is een van my gunstelinggeure en die meeste parfuums wat ek dra, het jasmyn in.

Ek dra verskillende fyngeure vir verskillende geleenthede, want ek glo ’n parfuum rond ’n voorkoms of bui af.

“Op die oomblik is ek gaande oor Givenchy Dahlia Divin Le Nectar. Die geur is vroulik en luuks, en bevat ’n mengsel van my gunstelingbestanddele soos vanielje en jasmyn.

“Dit is vir my ’n eer om die gesig van Dahlia Divin Le Nectar te wees en om met die ikoniese Givenchy vereenselwig te word. Ek is al ’n paar jaar betrokke by die Givenchy-handelsmerk, en of dit nou ’n nuwe vertoning of veldtog is, dit is altyd ’n weerspieëling van Riccardo Tisci se passie en unieke visie.

“Die rok wat Riccardo vir die advertensieveldtog ontwerp het, spel perfeksie, en ek het ’n transformasie ondergaan toe ek die rok aantrek. Op die syrok was derduisende kristalle vasgewerk wat ’n soort spykervoorkoms geskep het – vroulik maar sterk. Dit het sowat 350 uur geneem om die rok te maak, en dit was werklik ’n voorreg om so iets te kon dra.

“Die eerste Givenchy-item wat ek gekoop het, was ’n paar stewels in New York, en ek het dit daardie hele winter gedra.”

Oor skoonheid

“My skoonheidsroetine is om te reinig, verfris en dan ’n serum en vogroom aan te wend. Ek probeer om nie grimering te dra tensy ek moet nie sodat my vel kans kry om asem te haal. Ek maak ook vir my smoothies om my vel van binne af te voed.

“Die beste skoonheidswenk wat ek ontvang het, is om nooit met jou grimering aan te gaan slaap nie.

“My beste skoonheidswenk is eenvoudig: slaap!”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

27 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

41 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.