kategorieë: Video'sOntspanning

I can only imagine – die film

Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

I Can Only Imagine, die multi-platinum gospeltreffer deur die Christelike rockgroep MercyMe, het sedert dit in 2001 uitgereik is die harte van miljoene mense wêreldwyd verower. Nou gaan dit verder bekoor, want die besonderse storie agter hierdie enkelsnit gaan lewe kry op die silwerskerm en hoop gee aan diegene wat dit nodig het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die idee vir die liedjie is deur voorsanger, Bart Millard, se lewe geïnspireer en is geskryf jare nadat hy sy eie gewelddadige kinderjare moes verwerk. Dit het onmiddellik aanklank gevind by gehore van alle ouderdomme, was ’n kitstreffer en het Dove-toekennings ontvang vir Liedjieskrywer van die Jaar en Liedjie van die Jaar, en is die enigste gospelliedjie wat tot nog toe dubbel-platinumstatus bereik het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die fliek I Can Only Imagine vertel die storie van ’n klein seuntjie in Texas wat emosioneel en fisiek deur sy pa (gespeel deur Dennis Quaid) mishandel en deur sy ma verlaat word. Die mishandeling begin nadat sy pa ’n breinbesering opdoen ná ’n ongeluk by die werk en beheer oor sy emosies verloor. Hy word ’n “monster” wat nie sy woede en teleurstelling in die lewe kan beteuel nie. Deur God se genade kry Bart (gespeel deur John Michael Finley) en sy pa dit reg om hul verhouding te red en ervaar hy eerstehands hoe kragtig geloof en verandering kan wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Broadway-ster John Michael Finley (Les Misérables, Sweeney Todd), maak sy debuut as rolprentakteur in die hoofrol van Bart Millard in hierdie emosionele fliek. Bekroonde akteur, Dennis Quaid (The Right Stuff, Breaking Away, The Parent Trap, Far From Heaven) speel Arthur, Bart se pa, wie se drome verpletter is en wat sy seun teen soortgelyke teleurstellings wil beskerm, al beteken dit dat hy dan geen drome oorhet nie. Die fliek sluit verder ook puik vertonings in deur die model en televisiester, Madeline Carroll, as Millard se vrou Shannon, asook die Golden Globe-wenner, Cloris Leachman (A Brand New Life, Malcolm in the Middle), in die rol van Memaw.

Hierdie inspirerende rolprent word deur Ster-Kinekor Entertainment versprei en sal vanaf 11 Mei 2018 in Suid-Afrikaanse teaters te sien wees.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

9 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

9 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

10 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

12 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

13 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.