• 1 hoeveelheid basiese brooddeeg, ná die eerste rysslag
• 4 klein (125 g) camembert-kase
• 125 ml basiliekruidpesto
• 125 ml swart olywe, ontpit
Instructions
Basiese brooddeeg
1 Meng die meel, sout en gis in ’n menger met ’n deeghaak aan. Meng die eiers en melk en gooi by die meel. Meng tot die deeg glad en elasties is. 2 Voeg die botter stukkiesgewys by terwyl die masjien aan is. Meng goed deur. 3 Bedek die bak en laat die deeg vir 1 uur in die mengbak rys tot dubbel sy grootte.
Camembert en-pesto-brood-pasteitjies
1 Rol die deeg op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak in ’n reghoek van sowat 30 cm x 40 cm uit. 2 Sny 4 sirkels van 12 cm uit die deeg. (Vorm enige oorskietdeeg in broodrolletjies en bak saam met die kaas.) 3 Skep ’n lepel pesto en olywe op elke deegsirkel. Sit ’n camembert-kaas op die olywe en vou die kaas in die deeg toe. 4 Druk die deeg met jou vingers plat. 5 Smeer elke pastei met eierglaseersel en laat die deeg vir 30 min. in die yskas rus. 6 Voorverhit die oond tot 200 °C. 7 Smeer die broodjies weer met glaseersel en bak vir 20-30 min. tot goudkleurig en gaar.