kategorieë: Ontspanning

Cabo net die plek vir ’n strandpartytjie

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sodra jy tot amper op die punt van die V&A Waterfront se Armsweg verby die Transet hawebeheer gery het, verklap die buitekant nie watter luukse tropiese paradys agter die deure op jou wag nie. ’n Spesiale geleentheid met die tema “A taste of the tropics” is onlangs daar vir gaste gehou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As die sonnetjie lekker op jou rug brand, die see teen die muurtjie klots en die windjie die palmbome se blare wieg, is dit kuiertyd!
Ontspan vir ete by een van die tafels, of skop nes op een van die gemaklike banke en kyk hoe die bootjies verbyvaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die restaurant met verskillende kroeë, sitkamers waar jy met kliënte kan vergader of net eposse bybring, is ingerig vir gure én ongure weer, en die keurige dekor is ’n aardse vermening van luuksheid, waar gemak die wagwoord is.

Vonkelwyn het die middag se verrigtinge afgeskop.
Die reuse kroeg binne, is een van verskeie kroeë by die CABO Beach Club.

Gaste kon hul skoene binne die restaurant uitskop, hul handsakke neersit en buite met hul tone in die sand aan yskoue Brut of Brut Rosé vonkelwyn of witwyne van Boschendal teug en oesters en soesjie geniet. Die swembad se louwarm water vorm amper ’n eenheid met die see wat net onder die muurtjie klots en die wolkies en ondergaande son maak pragtige patroontjies op die water. Natuurlik moes almal foto’s neem met wiegende palmbome en potblou water!

Die CABO Beach Club is nie net die lekkerste plek vir ’n drankie met jou tone in die sand nie, dis ook baie gewild vir middag- en aandete. Die heel gebakte vis met ment chermoula en wortel-en-koljander hummus was die pasmaat vir wyne van jou keuse.

Die besige Waterfront wink na links, maar vir ’n paar uur kan jy jou verbeel jy is iewers in Ibiza, met musiek wat traag om jou lui lyf dartel en seilbote wat rustig verbyvaar.

Die lekker lounge musiek is vir ’n rukkie onderbreek deur die elektriese vioolspeler, Kirsty Bows, wat heerlike wip in almal se stap gesit het.

Hier kan mens vir ure vasval en na die branders en die lekker lounge musiek luister.
Die lekker lounge musiek is vir ’n rukkie onderbreek deur die elektriese vioolspeler, Kirsty Bows, wat heerlike wip in almal se stap gesit het.

Marina Nestel, CABO Beach Club se geleentheidsbestuurder het gesê hulle hoop om gaste met elke besoek na ’n tropiese paradys weg te over, terwyl hulle aan heerlike skemerkelkies teug en peuselhappies met hul voete in die sand geniet. Die restaurant het ’n uitgebreide spyskaart vir wanneer die hongerpyne knaag.

As jy en jou metgesel een van elke nagereg bestel, kan jy albei proe. Die vye-en-heuningtert met Bourbonroomys was ’n gewilde keuse.
Die CABO bruintjie met pofkoring roomys was donker en bitter en soet, alles gelyk op jou tong.

Gaste kan by die verskillende kroeë drankies bestel en buite of binne gekuier het.

Boschendal se Cap Classique vonkelwyn is yskoud om die lekker warm sonnetjie op jou rug te balanseer.
Die Zandvliet Shiraz was die perfekte pasmaat vir die Tagliata Sirloin wat met varsgerasperde Parmesaan en chimichuri yogurt bedien is.

Daar is gereelde aanbiedinge soos ’n Paaseier-jagtog hierdie naweek, of Schalk Bezuidenhout wat op 25 Mei daar optree, so hou gerus sosiale media dop.

Lees ook: JAN se nostalgiereis in die Franschhoek laventellande

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.